Han­ro 6 we­ke langs kant­lyn ná be­se­ring

Beeld - - Sake Nuus - Co­bus Claas­sen

Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se be­le­ër­de brei­er, het gis­ter ’n tik­kie goeie nuus ge­kry aan die stert­kant van ’n moei­li­ke maand in die Su­per­reeks.

Die be­lo­wen­de agt­ste­man Han­ro Lie­ben­berg het Lof­tus Vers­feld Sa­ter­dag in die Bul­le se ont­moe­ting met die Hur­ri­ca­nes ver­laat met wat na ’n erns­ti­ge en­kel­be­se­ring ge­lyk het.

Ma­rais het ag­ter­na op die me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê die vroeë prog­no­se lyk nie goed nie, met Lie­ben­berg wat straks sy en­kel ge­breek het.

Herman Ros­souw, die Bul­le se span­dok­ter, sê Lie­ben­berg sal min­stens ses we­ke ’n toe­skou­er wees.

Dat Lie­ben­berg se sei­soen nie heel­te­mal be­ëin­dig is nie, sal Ma­rais ver­bly.

Hy is die guns­te­ling om die Lig­blou­es la­ter in die Cur­rie­be­ker-reeks aan te voer.

A­dri­aan S­trauss, die Bul­le se Su­per­rug­by-kap­tein, sal nie vir Cur­rie­be­ker-diens be­skik­baar wees nie.

Dit is ook nog nie se­ker of Ar­no Botha, ver­le­de sei­soen se kap­tein in dié kom­pe­ti­sie, in Pretoria gaan aan­bly na­dat Ul­ster be­sluit het om sy kon­trak op te skort nie.

Lie­ben­berg sal in ’n stryd teen tyd wees om in die Bul­le se laas­te Su­per­rug­by-stryd – teen die S­tor­mers op 15 Ju­lie – te speel.

Twee voor­spe­lers, Ja­co­bie A­dri­aan­se en Jan­nes Kir­sten, het al­bei Sa­ter­dag har­sing­skud­ding op­ge­doen.

Dit is die twee­de keer wat A­dri­aan­se dié sei­soen har­sing­skud­ding op­ge­doen het en hy sal in al­le waar­skyn­lik­heid nie weer in die Su­per­reeks speel nie.

Ver­de­re goeie nuus is dat twee S­pring­bok­ke, die los­ska­kel Han­dré Pol­lard en die bal­jag­ter-flank Roe­lof Smit, die week saam met die span be­gin oe­fen.

Smit het in No­vem­ber ver­le­de jaar ’n bors­spier ge­skeur op die S­pring­bok­ke se jaar­eind­toer en sal vol­gen­de maand sy te­rug­keer kan maak.

Die sen­ter D­ries S­wa­ne­poel, wat self die laas­te ruk op die span se kruk­ke­lys was, is ook te­rug op die oe­fen­veld.

Ma­rais het ge­sê die span wil sy te­leur­stel­len­de Su­per­rug­by-veld­tog op ’n po­si­tie­we noot af­sluit.

“Ek sal graag al drie ons oor­bly­wen­de wed­stry­de (teen die Haaie, Kings en S­tor­mers) wil wen. Ons sal die vol­gen­de maand hard werk om dit te pro­beer ver­mag.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Daar is aan­vank­lik ver­moed dat die Bul­le­agt­ste­man, Han­ro Lie­ben­berg, Sa­ter­dag sy en­kel ge­breek het in die krag­me­ting met die Hur­ri­ca­nes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.