Bok­ke kan doen met ’n Ki­wi

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell Laag­vat

Met die Blou Bul­le wat be­sluit het om die deug­de van ’n Ni­euSee­land­se af­rig­ter in John Mit­chell te om­arm, is die weg vir ’n ge­skied­kun­di­ge kop­skuif vir S­pring­bok-rug­by dalk ook ge­baan.

Dis niks nuuts vir SuidA­fri­kaan­se span­ne om ’n Ki­wi as hoof­af­rig­ter te hê nie.

John Plum­tree word se­ker steeds deur die Haaie se on­der­steu­ners ge­mis, ter­wyl Lau­rie Mains wel­slae by die Goue Leeus be­haal het voor­dat hy on­der ’n wolk van kon­flik weg is.

Die Bul­le se ma­nier van din­ge doen, van speel­styl tot waar­des, was nog al­tyd in mar­mer ge­giet.

Die eens­ge­sind­heid deur die ja­re heen by Lof­tus is pry­sens­waar­dig en ’n pi­laar van hul wel­slae.

Om­stan­dig­he­de het hul­le by ’n punt ge­bring waar daar ’n groot te­kort aan in­tel­lek­tu­e­le ka­pi­taal was en dit is eens­klaps deur die aan­stel­ling van Mit­chell aan­ge­spreek.

Slegs die tyd sal leer of dit op die lan­ge duur ’n goeie be­sluit was.

Ver­wag dat die Bul­le vin­nig ’n om­me­keer op die veld sal maak, maar suk­ses op die lan­ge duur is min­der se­ker ge­ge­we Mit­chell se swak re­kord van men­se­ver­hou­din­ge o­ral waar hy nog af­ge­rig het.

Hier moet ek sê dat hy in my ge­sel­skap nog nooit e­nig- iets an­ders as be­leefd en in­ne­mend was nie, maar ek is na­tuur­lik nie een van sy troe­pe nie.

Twee­dens is die Bul­le dalk ook nou by ’n punt waar dit nie saak maak of die af­rig­ter ’n ni­ce ou is of nie. As die Bul­le nie nóú rug­by be­gin speel wat toe­skou­ers en bor­ge se ver­beel­ding prik­kel nie, is daar ’n fi­nan­si­ë­le af­grond om die draai.

By die S­tor­mers het die Nieu-See­lan­der Paul Feen­ey on­ge­twy­feld waar­de toe­ge­voeg deur ver­al die span se aan­val­len­de vaar­dig­he­de op te skerp. Die af­ge­lo­pe twee maan­de het per­spek­tief ge­bring op hoe ver die Ka­pe­naars nog daar­van is om ’n vol­maak­te span te wees, maar hul­le is aan­sien­lik be­ter met Feen­ey as wat hul­le son­der hom was.

Wê­reld­rug­by is deur­spek van Nieu-See­land­se af­rig­ters wat el­ders wel­slae be­haal. On­der Vern Cot­ter het selfs S­kot­land ’n meer ge­re­ken­de rug­by­na­sie as Suid-A­fri­ka ge­word, ter­wyl Ier­land on­der Joe S­chmidt nou die vier­de plek op die wê­reld­rang­lys be­klee.

Die B­rit­se en Ier­se Leeus gaan ook die All Blacks in hul ko­men­de toets­reeks met ’n Nieu-See­land­se af­rig­ter, War­ren Gat­land, aan­durf.

By­na el­ke groot rug­by­na­sie het op ’n punt ge­kom waar hy oop­kop is oor wie hy as af­rig­ter aan­stel.

Selfs En­ge­land, ’n tra­di­sie­vas­te na­sie as daar al ooit een was, word deur die Aus­tra­li­ër Ed­die Jo­nes ge­brei. En ek is re­de­lik se­ker geen­een van T­wic­ken­ham se baad­jie­dra­ers hun­ker na ’n En­gels­man nie.

Suid-A­fri­ka se be­na­de­ring was nog al­tyd be­hou­dend. Toe Jo­nes die Bok­ke in 2007 as teg­nie­se raad­ge­wer by­ge­staan het, wou rug­by­ba­se nie toe­laat dat hy ’n Bok-baad­jie dra nie. Jo­nes het sy Bok-baad­jie by Bry­an Ha­ba­na ge­kry.

Suid-A­fri­kaan­se rug­by is nou by ’n punt waar hy nie meer kan be­kos­tig om dog­ma­ties te wees nie.

As Jo­han Ac­ker­mann, Ja­ke W­hi­te of Ras­sie Eras­mus be­lang­stel om die Bok­ke af te rig, sal dit nie no­dig wees om Al­lis­ter Coet­zee se op­vol­ger as hoof­af­rig­ter in Nieu-See­land te gaan soek nie.

Ter­self­der­tyd hang die vrug­te van Nieu-See­land se in­tel­lek­tu­e­le ka­pi­taal laag. Ons hoef net oop­kop te wees om dit te kan pluk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.