Se­we ma­er ja­re ein­dig vir nu­we ster Sa­to

Beeld - - Sport - – Reuters

Fer­nan­do Alon­so was die he­le maand in die kol­lig, maar Son­dag was die naam Ta­ku­ma Sa­to op almal se lip­pe by die B­ricky­ard na­dat hy die eer­ste Ja­pan­se ren­ja­er ge­word het om die “groot­ste skou­spel in mo­tor­sport” te wen.

Sa­to, lid van die krag­ti­ge And­ret­ti Au­to­s­port-span, het die In­di­a­na­po­lis 500-kroon sy­ne ge­maak en vriend en vy­and ver­ras deur in uit­ge­le­se ge­sel­skap met die lou­e­re weg te jaag.

Die skug­ter Ja­pan­ner was in die span saam met Alon­so, ’n twee­ma­li­ge For­mu­le Een-kam­pi­oen, ver­le­de jaar se In­dy 500wen­ner, A­lex­an­der Ros­si, 2014 se wen­ner, Ry­an Hun­ter-Re­ay, die B­rit Jack Har­vey en Mar­co And­ret­ti, seun van die be­faam­de F1-ren­ja­er Mario And­ret­ti.

Na de­se sal Sa­to eg­ter nie meer in die ska­du­wee van die gro­tes be­weeg nie. Hy het oor­nag oor die wê­reld heen ’n huis­hou­de­li­ke naam in ren- mo­tor-ge­le­de­re ge­word.

“Dit is mas­sief. Ek kan dit nie be­skryf nie. Dis on­ge­loof­lik,” het Sa­to ná sy se­ge ge­sê.

“Die In­dyCar-reeks is dees­dae baie ge­wild in Ja­pan en ek weet ’n he­le klomp van my land­ge­no­te het spe­si­aal na A­me­ri­ka ge­reis om te kom kyk, so ek is bly ek kon dit vir hul­le die moei­te werd maak.

“Ek is ook bit­ter trots op wat die And­ret­ti Au­to­s­port-span be­reik het. Ons was puik in die wed­ren en ek is ver­heug dat ons ’n eer­ste plek be­haal het.”

Sa­to sal die vol­le glo­rie van ’n In­dyCar-se­ge be­leef wan­neer hy van­dees­week ver­skeie sta­te in A­me­ri­ka op ’n me­di­a­blits­toer be­soek.

In die wê­reld van vin­ni­ge mo- tors was daar tot dus­ver maar min suk­ses vir die 40-ja­ri­ge, wat se­we se­ge­lo­se ja­re in F1-ge­le­de­re vir Jor­dan, BAR en Su­per A­gu­ri deur­ge­bring het.

Voor Son­dag het hy ook in se­we jaar in die In­dyCar-reeks vir on­der meer KV Ra­cing, Ra­hal Let­ter­man, AJ Foyt en And­ret­ti slegs een se­ge ge­smaak – in 2013 se Long Be­ach-ren. Maar In­di­a­na­po­lis het skyn­baar nog al­tyd die bes­te in Sa­to na vo­re ge­bring.

Son­dag het die Ja­pan­ner met vyf rond­tes oor by Hé­lio Cas­tro­ne­ves ver­by­ge­flits en toe dié voor­ste plek be­hou on­danks he­wi­ge druk van dié Bra­si­li­aan.

Oor die eind­streep het hy met ’n uit­bun­di­ge gil uit sy Dal­la­ra Hon­da se stuur­ka­juit ui­ting aan sy ver­lig­ting en blyd­skap ge­gee.

“Dis só ’n voor­reg om hier te wen, on­ge­ag of dit jou eer­ste of so­veel­ste aan­slag is, on­ge­ag wat­ter dra­ma jou in die ver­le­de ge­kort­wiek het.”

Fo­to: USA TODAY

S­cott Dixon (links) se ren­mo­tor bots met dié van Ja­ke Ho­ward in Son­dag­aand se In­di­a­na­po­lis 500­wed­ren.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.