Alex kan ’n gro­te wen, sê S­tenson

Beeld - - Sport - – Reuters

Hen­rik S­tenson, die B­rit­se O­pe­gholf­kam­pi­oen, glo sy land­ge­noot A­lex­an­der No­ren kan dit nog ver bring en is be­slis in staat daar­toe om een van gholf se vier ma­jor-ti­tels te wen.

No­ren is Son­dag op Went­worth in Lon­den as die kam­pi­oen van die BMW PGA-toer­nooi gekroon. Hy het ver­by ’n rits an­der spe­lers op die voor­lo­pers­bord ge­storm met ’n uit­mun­ten­de ron­de van 62 (-10). Daar­mee het hy ’n 54 put­jie-ag­ter­stand van se­we houe uit­ge­wis.

Dit was die twee­de keer in se­we maan­de dat No­ren so ’n vuur­warm Son­dag-ron­de ge­speel het. In No­vem­ber by Sun Ci­ty het hy die Ned­bank-uit­daag­toer­nooi ge­wen dank­sy ’n laas­te ron­de van 63 (-9).

S­tenson glo No­ren het met die BMW-se­ge ge­wys hy het die tem­pe­ra­ment om slegs die twee­de S­weed te word wat ’n ma­jor-toer­nooi wen.

S­tenson het sy eer­ste gro­te (én S­we­de s’n) ver­o­wer toe hy ver­le­de Ju­lie in S­kot­land met die A­me­ri­ka­ner P­hil Mic­kel­son af­ge­re­ken het om die B­rit­se Ope te wen.

“Ná hier­die ver­to­ning kan ’n mens nie an­ders nie as om Alex se naam te noem as ’n moont­li­ke ma­jor-wen­ner, ver­al as hy met dié spel kan vol­hard,” sê S­tenson, wat by Went­worth drie houe ag­ter No­ren in die der­de plek ge­ëin­dig het.

“Hy het ’n bie­tjie meer on­der­vin­ding in A­me­ri­ka op­ge­doen en dis ’n goeie leer­skool. Om an­der­kant die At­lan­tie­se O­se­aan in vreem­de toe­stan­de aan te pas, be­te­ken baie vir jou spel.

“Hy toon in­druk­wek­ken­de vor­de­ring en hy het ’n goeie jaar ag­ter die rug, so ek re­ken sy toe­koms is roos­kleu­rig.”

No­ren het dank­sy die oor­win­ning vyf plek­ke op die Wê­reld­rang­lys ge­spring en be­vind hom nou on­der die tien voor­ste spe­lers. Hy het vyf se­ges in sy laas­te 17 toer­nooie in die Eu­ro­pe­se Reeks be­haal.

“Hy was nog al­tyd ’n har­de wer­ker – soms ’n bie­tjie te oor­da­dig, as jy my vra. Daar­die pols­ge­wrig­be­se­ring wat hom ge­pla het, was van te veel oe­fen,” het S­tenson ge­sê.

Die jong­ste wê­reld­rang­lys (vo­ri­ge po­si­sie tus­sen ha­kies): 1. (1) Dus­tin John­son (VSA) 12.81; 2. (2) Ro­ry M­cIl­roy (Ier) 8.21; 3. (3) Ja­son Day (Aus) 7.95; 4. (4) Hi­de­ki Mat­suya­ma (Jap) 7.61; 5. (5) Hen­rik S­tenson (S­we­de) 7.34; 6. (7) Jor­dan S­pieth (VSA) 7.16; 7. (6) Ser­gio Gar­cia (Sp) 7.07; 8. (13) A­lex­an­der No­ren (S­we­de) 6.44; 9. (12) Jon Rahm (Sp) 5.52; 10. (8) A­dam S­cott (Aus) 5.46; Suid­A­fri­ka­ners: 19. (17) Lou­is Oost­hui­zen 3.89; 20. (19) C­harl S­chwart­zel 3.78; 25. (26) Bran­den Gra­ce 3.50.

A­lex­an­der No­ren

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.