Pro­te­as word bra min wys

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Die Pro­te­as het voor die een­dag­reeks teen En­ge­land ge­weet dat sy ge­vrees­de kolf­lys sy sterk­punt is én dat daar steeds vrae is oor die bou­l­aan­val se ge­hal­te en sa­me­stel­ling.

Die een­dag­reeks teen En­ge­land het hul­le niks nuut ge­leer nie.

Kap­tein AB de Villiers en sy mak­kers het gis­ter op Lord’s die der­de wed­stryd in die reeks mak­lik met se­we paal­tjies ge­wen.

Dit be­hoort vir ’n bie­tjie self­ver­troue te sorg voor Sa­ter­dag se eer­ste wed­stryd in die Kam­pi­oe­ne­tro­fee-toer­nooi teen Sri Lan­ka op die O­val.

En­ge­land het dus die reeks met 2-1 ge­wen. Suid-A­fri­ka het die tuis­span vir 153 uit­ge­haal voor­dat hy 156/3 in die 29ste boul­beurt be­reik het.

De Villiers, wat ’n myl­paal be­reik het deur die Pro­te­as vir die 100ste keer aan te voer, sou in­ge­no­me ge­wees het met die ver­to­ning van sy aan­vangs­bou­lers, Ka­gi­so Ra­ba­da en Way­ne Par­nell, as­ook die reu­se­ver­be­te­ring in die ge­hal­te van die veld­werk tus­sen die twee­de en der­de wed­stry­de in die reeks.

Die Pro­te­as het Sa­ter­dag in Sout­hamp­ton ses vang­kan­se ver­brou. Gis­ter is el­ke vang­kans let­ter­lik met al­bei han­de aan­ge­gryp en die Pro­te­as het nie ’n en­ke­le kans ver­brou nie. Dit, te­sa­me met die ef­fe guns­ti­ger boul­toe­stan­de, was SuidA­fri­ka se bou­l­aan­val baie ge­vaar­lik.

Ra­ba­da en Par­nell het die bal vol ge­boul en die En­gel­se kol­wers het hul bes ge­doen om ge­sken­ke uit te deel.

Hoe­wel die En­gel­se ses paal­tjies in die eer­ste vyf boul­beur­te ver­loor het, het die tuis­span vol­hard met hul aan­val­len­de be­na­de­ring.

Par­nell (3/43) was op sy al­ler- bes­te. Hy het dit vir ’n ver­an­de­ring reg­ge­kry om die bal te­rug te swaai teen regs­han­di­ge kol­wers. Dit maak hom ’n ui­ters ge­vaar­li­ke bou­ler.

Die bal­le waar­mee hy van Joe Root en Eoin Morgan, En­ge­land se twee bes­te kol­wers, ont­slae ge­raak het, was ju­we­le.

Ra­ba­da (4/39) was net so ge­vaar­lik. Hy het die bal vol ge­hou teen die regs­han­di­ge kol­wers en hul­le het die een ná die an­der die bal pro­beer dryf, ’n bui­te­rand by­ge­kry en is in die glip­pe ge­vang.

Dit was in sy der­de beurt (die kolf­beurt se vyf­de boul­beurt) waar die jong blits toe­ge­slaan het.

Alex Ha­les is met die eer­ste bal uit voor­dat Jos Butt­ler en A­dil Rashid hom ge­volg het met die vyf­de en ses­de bal­le van die beurt.

En­ge­land het toe sy beurt ef­fe her­bou, dank­sy die druk wat ver­lig is deur Mor­né Mor­kel en Chris Mor­ris. Al­bei bou­lers het te kort ge­boul en dit het Jon­ny Bair­stow (51) in staat ge­stel om die En­gel­se beurt da­rem ver­by 150 te kry.

Kes­hav Ma­ha­raj het bal­jaar teen die ein­de en ge­ëin­dig met 3/25.

Die Pro­te­as se kolf­beurt het sterk be­gin en Hashim Am­la het in die 150ste een­dag­beurt van sy loop­baan die 7 000-lo­pie­kerf ver­by­ge­steek. Geen spe­ler kon dit in min­der kolf­beur­te ver­mag nie.

Die Pro­tea-beurt het ef­fe wind ge­sluk in die mid­del toe Am­la (52), Quin­ton de Kock (34) en Faf du P­les­sis (5) hul paal­tjies bin­ne die be­stek van ses lo­pies ver­loor het.

Die Pro­te­as het van 95/0 tot 101/3 ge­val.

Maar ge­luk­kig het JP Du­miny (28*) en De Villiers (27*) sa­ke ge­kon­so­li­deer en vas­ge­byt tot hul­le die wen­lo­pies be­haal het.

Fo­to: REUTERS

Hashim Am­la het gis­ter op Lord’s die re­kord­boe­ke oor­ge­skryf toe hy in sy 150ste een­dag­beurt ver­by 7 000 lo­pies ge­skuif het. Dit is die vin­nig­ste wat e­ni­ge spe­ler tot nog toe by dié myl­paal uit­ge­kom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.