Maand van a­sem op­hou

Hoop be­se­rings­pook bly weg van sy Leeus

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die vol­gen­de maand gaan ’n se­nu­ter­gen­de tyd­perk vir Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus se af­rig­ter, wees.

Hy het Son­dag, na­dat sy span die Kings met 54-10 op El­lis­park af­ge­ran­sel het, er­ken daar wag ’n on­se­ker tyd­perk op hom en ook op al die an­der Su­per-af­rig­ters met die in­ter­na­si­o­na­le wed- stry­de wat nou plaas­vind.

“Jy kan maar net hoop en ver­trou van jou spe­lers doen nie be­se­rings op in daar­die in­ter­na­si­o­na­le wed­stry­de nie,” sê hy.

“Ons sal din­ge goed moet be­stuur ná die rus­kans vir die in­ter­na­si­o­na­le krag­me­tings. Be­lang­ri­ker is dat ons lot ook nog in ons eie han­de is en dat ons nie af­hank­lik is van an­der span­ne om ons guns­te te be­wys nie,” sê Ac­ker­mann.

Die Leeus is met 56 liga­pun­te in die twee­de plek op die al­ge­he­le pun­te­lys, drie pun­te ag­ter die on­oor­won­ne Cru­sa­ders.

Met die Leeus wat nou tien spe­lers in die Bok-groep het vir die reeks van drie toet­se teen Frank­ryk, sal hul werk­la­ding ook gro­ter wees.

“Sou dit ge­beur dat War­ren W­hi­te­ley die vol­le 80 mi­nu­te in al drie toet­se speel, sal ons hom rus­kans moet gee wan­neer hy hom weer by ons aan­sluit vir daar­die eer­ste wed­stryd teen die Sun­wol­ves.

“Daar is geen ma­nier dat ons hom dan kan in­span en ook ver­wag hy moet reg wees vir die laas­te krag­me­ting teen die Haaie en daar­na die uit­speel­stry­de nie,” sê Ac­ker­mann.

“Die Nieu-See­lan­ders is in die­self­de si­tu­a­sie en hul reeks teen die B­rit­se en Ier­se Leeus gaan nog straw­wer wees. Van hul span­ne kan ook weens be­se­rings spe­lers vir die laas­te deel van die Su­per­rug­by-sei­soen ver­loor.

“Dit is maar hoe din­ge gaan en jy moet vir lief neem daar­mee. Die ka­rak­ter van om­trent al die span­ne gaan be­proef word in die laas­te deel van die Su­per­rug­by-sei­soen.

“Dit is ook nie al­les net ne­ga­tief nie, want van ons nu­we S­pring­bok­ke sal die kans kry om te groei as spe­lers.

“Neem ’n ou soos (Ru­an) D­rey­er, by­voor­beeld. As hy speel­kans kry, sal dit vir hom ’n won­der­li­ke leer­skool wees, want as ’n stut is daar geen be­ter span om teen te speel nie as die Fran­se.

“Spe­lers soos An­dries Coet­zee, (Court­nall) S­ko­san en (Ross) Cron­jé sal ook in­ter­na­si­o­na­le on­der­vin­ding op­doen en ho­pe­lik met selfs meer self­ver­troue te­rug­keer na ons,” sê Ac­ker­mann. ) Die be­se­rings­pook het rééds by die Fran­se span be­soek af­ge­lê. Die ag­ter­spe­ler D­ji­bril Ca­ma­ra moes ont­trek weens ’n be­se­ring. Hy is ver­vang deur Nans Du­cuing, Bor­deaux Beg­les se heel­ag­ter.

An­dries Coet­zee

Jo­han Ac­ker­mann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.