C­he­an wil dié week grond­slag lê vir Bok­suk­ses

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Die nu­we grond­slag vir die toe­koms­ti­ge suk­ses van S­pring­bok­rug­by moet van­dees­week in T­bi­li­si, Ge­or­gië, ge­lê word.

Dít is vol­gens C­he­an Roux, af­rig­ter van die Ju­ni­or S­pring­bok­ke, een van sy be­stuur­span se groot­ste ta­ke in van­jaar se o.20Wê­reld­toer­nooi in dié Oos-Eu­ro­pe­se land.

Die Ju­ni­or Bok­ke se veld­tog be­gin mô­re met ’n wed­stryd teen Frank­ryk en Roux glo SuidA­fri­ka kan van­jaar weer as kam­pi­oen gekroon word.

Roux is vir die eer­ste keer in se­we jaar weer in ’n hoof­af­rig­ters­pos na­dat hy van 2008 tot 2010 die Ma­ties tot drie ag­ter- een­vol­gen­de Var­si­ty­be­ker-ti­tels ge­brei het.

In 2013 is Roux as die S­pring­bok­ke se skeids­reg­ter­ont­le­der aan­ge­stel. Vir ’n deel van ver­le­de jaar moes hy ook sy lyf S­pring­bok-ver­de­di­gings­af­rig­ter hou in ’n suk­kel­sei­soen vir die na­si­o­na­le span.

Dié voor­ma­li­ge S­tor­mers- en Wes­te­li­ke Pro­vin­sie-flank be­skou sy tyd as ’n ont­le­der vir die S­pring­bok-span as waar­de­vol. “Ek was baie bly toe Hey­ne­ke Mey­er (voor­ma­li­ge Bok-af­rig­ter) my aan­ge­stel het in die rol as skeids­reg­ter­ont­le­der. Dit het my waar­de­vol­le in­lig­ting ge­gee en ek is on­ge­loof­lik dank­baar vir daar­die ge­leent­heid.”

Vol­gens Roux kon die Suid- A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie be­sluit het om een van ver­skeie suk­ses­vol­le brei­ers vir die Ju­ni­or S­pring­bok-pos te kies, maar hul­le het ge­voel hy en sy be­stuur­span is die reg­te man­ne om die grond­slag vir S­pring­bok-rug­by se toe­koms­ti­ge suk­ses te lê.

“On­ge­ag wat die uit­slae gaan wees, ons moet ’n re­sep vir toe­koms­ti­ge suk­ses op ju­ni­or vlak help skep,” sê Roux.

“Ek, M­z­wan­di­le (S­tick), Lou­is (Koen) en Pieter (de Villiers) het almal op se­ni­or vlak af­ge­rig en het dus ’n groot rol om (op o.20vlak) te ver­vul. Ons almal wil hê die se­ni­or span (S­pring­bok­ke) moet weer suk­ses­vol word. Dit be­gin op dié vlak en ons praat ge­reeld oor die er­fe­nis wat ons wil skep.”

Die Ju­ni­or Bok­ke het nie die mak­lik­ste lo­ting vir die Ju­ni­or Wê­reld­toer­nooi nie.

Frank­ryk, wat mô­re wag, bied al­tyd ’n groot toets. Hul twee­de wed­stryd is Son­dag teen die gas­heer, Ge­or­gië, wat ’n vu­ri­ge, pas­sie­vol­le ver­to­ning sal lewer.

Die Jong Bok­ke speel dan vol­gen­de Don­der­dag teen Ar­gen­ti­nië. Die Suid-A­me­ri­ka­ners het Suid-A­fri­ka twee keer in ver­le­de jaar se toer­nooi in Man­ches­ter ge­klop.

Roux sê sy span fo­kus vir eers net op mô­re se ont­moe­ting met die Fran­se.

“As ons nie daai wed­stryd wen nie, kan ons maar daar­van vergeet om vir die half­eind­ron­de te kwa­li­fi­seer,” sê hy. “Ons weet die Ar­gen­ty­ne spog met ’n baie goeie en er­va­re span, maar ons moet die eer­ste hek­kie teen Frank­ryk oor­steek en dan op Son­dag se krag­me­ting met Ge­or­gië fo­kus.”

Die Jong Bok­ke het van­jaar baie er­va­ring in hul groep. Ernst van R­hyn (kap­tein en slot), Car­lu Sa­die (stut), Zain Da­vids (flank), Em­bro­se Pa­pier (skrum­ska­kel), Cur­win Bosch (los­ska­kel), S­ted­man Gans (sen­ter) en die veel­sy­di­ge ag­ter­spe­ler Ma­nie Lib­bok speel almal in hul twee­de o.20-toer­nooi.

Bosch se deel­na­me in T­bi­li­si word deur Roux as die sleu­tel tot die span se suk­ses be­skou.

“Dit is fantasties om ’n spe­ler soos Cur­win tot ons be­skik­king te hê. Dat hy van­jaar so­veel Su­per­rug­by-wed­stry­de (vir die Haaie) ge­speel het, maak dit mak­li­ker vir hom om op dié vlak in te ska­kel.”

Fo­to: GALLO IMAGES

C­he­an Roux

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.