Droog­te­hulp óók ge­steel

A­gri SA vra dat OB, OG dit be­kyk

Beeld - - Front Page - E­li­se Tem­pel­hoff

Net 5% van die meer as R1 miljard wat ver­le­de jaar aan droog­te­hulp bestee moes word, het boe­re be­reik.

Geen ten­ders vir die be­stuur van die geld is aan­ge­vra nie om­dat Suid-A­fri­ka ’n ramp­si­tu­a­sie er­vaar het.

A­gri SA het sy eie on­der­soek ge­doen na die en­ke­lin­ge en so­ge­naam­de maat­skap­pye wat by die droog­te­hulp­ske­ma be­trok­ke was en aan­dui­dings ge­vind dat van die maat­skap­pye glad nie be­staan nie en nê­rens ge­re­gis­treer is nie.

A­gri SA het daar­om die ou­di­teur-ge­ne­raal (OG) en die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) ver­soek om ’n fo­ren­sie­se ou­dit te laat doen om te be­paal of daar be­drog was.

Omri van Zyl, uit­voe­ren­de hoof van A­gri SA, het gis­ter ge­sê be­drog en kor­rup­sie in die re­ge­ring se droog­te­hulp­pro­gram moet nou oop­ge­vlek word.

A­gri SA het reeds ver­slae daar­oor op­ge­stel en sal dit van­dag aan die OG en OB oor­han­dig. Die ver­moe­de be­staan ook dat amp­te­na­re in die de­par­te­men­te van land­bou, bos­bou en vis­se­rye en van wa­ter en sa­ni­ta­sie baat ge­vind het by die ske­ma.

Dié twee en die de­par­te­ment van lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling moes die geld be­skik­baar stel.

Van Zyl sê A­gri SA, TLU SA en die ver­e­ni­ging van swart boe­re A­fa­sa het ver­le­de jaar aan­ge­bied om staats­de­par­te­men­te te help om die droog­te­hulp te be­stuur, maar dit is van die hand ge­wys.

“Ons het al die struk­tu­re om dit te doen, maar dit is ge­wei­er.

“In ons on­der­soek is be­vind een van par­tye wat be­trok­ke was by die ske­ma het R287 000 ge­kwo­teer om ’n boor­gat te sink en pom­pe te in­stal­leer, ter­wyl dit so­wat R187 000 be­hoort te kos. Ons wil weet wie het die geld wat die boe­re toe­ge­kom het in sy sak ge­steek,” sê Van Zyl.

In die Noord-Kaap was daar glo ver­al groot on­ge­rymd­he­de. “Ons ver­moed ’n klomp ten­der- pre­neurs het baie by die droog­te­hulp baat ge­vind en ons wil by die kern daar­van uit­kom,” sê Van Zyl.

Die par­le­ment het in Maart ge­hoor so­wat R380 mil­joen wat reeds vroeg in 2016 be­skik­baar ge­stel is, het so­wat ’n jaar lank nie die land­bou­sek­tor be­reik nie.

Die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor wa­ter en sa­ni­ta­sie het ge­hoor die Na­si­o­na­le Ramp­be­stuur­sen­trum en die de­par­te­ment van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke het “ver­kies om nie die toe­lae te ge­bruik om ramp- of droog­te­ver­lig­ting te ver­leen nie”.

Die geld was in pro­vin­si­a­le en mu­ni­si­pa­le ramp­be­stuur­toe­lae be­skik­baar en die Ramp­be­stuur­sen­trum en die de­par­te­ment van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke moes net daar­voor ge­vra het.

M­map­ha­ka Tau, hoof van die Ramp­be­stuur­sen­trum, het ge­sê dié nood­toe­lae kon nie ge­bruik word nie “om­dat die be­drae klein is”.

P­res. Ja­cob Zu­ma het be­gin van­jaar in sy staats­re­de aan­ge­kon­dig dat R2,5 miljard in daar­die sta­di­um vir droog­te­hulp be­skik­baar ge­stel is.

Ons wil weet wie het die geld wat die boe­re toe­ge­kom het in sy sak ge­steek. — OMRI VAN ZYL, HOOF VAN A­GRI SA

Fo­to: ANENA BURGER

Bees­te wat brand­ma­er is weens die droog­te drink wa­ter uit plas­se op die teer­pad bui­te U­ping­ton na­dat re­ën uit­ein­de­lik daar uit­ge­sak het. Dié fo­to is in Ja­nu­a­rie ge­neem.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.