Mai­ma­ne dien klag­te in teen JZ en kie

Beeld - - News - Mal­her­be Nie­na­ber

Die men­se en staat van Suid-A­fri­ka kan nie be­drieg en be­steel word ter­wyl nie­mand ver­ant­woord­baar ge­hou word nie, het M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, gis­ter ge­sê toe hy klag­te van kor­rup­sie, ram­pok­ke­ry en ver­raad teen p­res. Ja­cob Zu­ma in­ge­dien het.

Mai­ma­ne het saam met twee DALP’s, adv. G­lyn­nis B­rey­ten­bach en Ke­vin Mi­le­ham, tal­le klag­te teen Zu­ma, mi­nis­ters en le­de van die Gup­ta-fa­mi­lie die Kaap­stad-Sen­traal-po­li­sie­kan­toor weens be­weer­de staat­skaping in­ge­dien.

“Dié klag­te is be­lang­rik, want wan­neer jy met mis­da­di­gers werk, moet jy dit nie net in die par­le­ment han­teer nie, maar ook met die straf­reg­stel­sel,” het hy ag­ter­na ge­sê. “Ek glo die klag­te gun ons die ruim­te om die saak vir on­der­soek na die hoog­ste ge­sag te neem.”

Daar is be­sluit om voor­lo­pig klag­te in te dien ná die af­ge­lo­pe na­week se nuus oor e-pos­se tus­sen die Gup­tas en hul werk­ne­mers wat ont­hul is en glo aan­dui hoe hul­le met die re­ge­ring sa­ke ge­doen het.

Dit sluit in ’n kon­sep­brief van Zu­ma waar­in hy skyn­baar vra om die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te (VAE) sy “twee­de tuis­te” te maak.

’n Voor­lo­pi­ge klag­staat teen 12 men­se is by die po­li­sie­kan­toor in­ge­dien. On­der die 12 is Zu­ma, A­tul, A­jay en Ra­jexh Gup­ta, Ma­lu­si Gi­ga­ba (mi­nis­ter van fi­nan­sies), Des van Rooy­en (mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke), Faith Mut­ham­bi (voor­ma­li­ge mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie) en Zu­ma se seun Du­du­za­ne.

In die voor­lo­pi­ge klag­staat word Zu­ma, die Gup­tas, As­hu C­ha­wla, uit­voe­ren­de hoof van Sa­ha­ra Com­pu­ters, Na­zeem Ho­wa, voor­ma­li­ge hoof van Oak­bay In­ves­t­ments, Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, Gi­ga­ba, Mut­ham­bi, Van Rooy­en, Mats­he­la Ko­ko, waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom, en Du­du­za­ne Zu­ma ge­noem.

“Ons is fun­da­men­teel daar­van oor­tuig dat Ja­cob Zu­ma en sy re­ge­ring die Suid-A­fri­kaan­se staat aan an­der be­lan­ge as dié van die land se men­se ver­koop,” sê Mai­ma­ne.

Vol­gens hom dui do­ku­men­ta­sie en e-pos­se wat ont­hul is daar­op dat die 12 glo be­trok­ke is by oor­tre­dings van die Wet op die Voor­ko­ming van Ge­or­ga­ni­seer­de Mis­daad, kor­rup­sie, ram­pok­ke­ry en ver­raad.

Mai­ma­ne sê hy gaan ook aan die mi­nis­ter van po­li­sie en an­der in­stel­lings wat ter spra­ke is, skryf om te ver­se­ker dat die on­der­soek lig op be­weer­de staat­skaping werp.

“Ons staat, ons men­se kan nie be­drieg en geld van hul­le ge­steel word son­der dat e­nig­ie­mand daar­voor ver­ant­woord­baar ge­hou word nie.”

Die DA het ook in No­vem­ber klag­te in ver­band met be­weer­de staat­skaping teen Zu­ma in­ge­dien, en wag nog op te­rug­voe­ring oor klag­te wat teen B­ri­an Mo­le­fe, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom, in­ge­dien is.

Vol­gens Mai­ma­ne moet bur­gers wat “her­stel vir die men­se van die land wil hê” nie af­ge­skrik word deur die ma­te waar­in die po­li­sie aan die klag­te “werk of nie daar­aan werk nie”. Die DA sê ook hy ver­wel­kom die “toe­ne­men­de kon­sen­sus” oor die be­hoef­te om die “kor­rup­te staat­skaping­pro­jek van Zu­ma en die ANC” te on­der­soek.

Fo­to: JACO MARAIS

M­mu­si Mai­ma­ne, DA­lei­er, groet om­stan­ders bui­te die Kaap­stad­Sen­traal­po­li­sie­kan­toor waar hy gis­ter voor­lo­pi­ge klag­te teen p­res. Ja­cob Zu­ma, mi­nis­ters en le­de van die Gup­ta­fa­mi­lie weens be­weer­de kor­rup­sie, ram­pok­ke­ry en ver­raad in­ge­dien het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.