‘On­der­soek sal ANC red’

Beeld - - News - Sa­rel van der Walt

Staat­skaping is be­sig om die ANC “weg te vreet”, sê adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa.

Hy het gis­ter op ’n ver­ga­de­ring van die vak­ver­bond Co­sa­tu se sen­tra­le ko­mi­tee in I­re­ne, Cen­tu­ri­on, ge­praat.

Ra­map­ho­sa het ge­sê hy ver­wel­kom die om­vat­ten­de on­der­soek na staat­skaping deur ’n ge­reg­te­li­ke kommissie waar­op die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) die na­week be­sluit het.

“Ek is ten guns­te daar­van om­dat ek wil hê dit moet ons be­vry so­dat die ANC na sy kern­sa­ke kan te­rug­keer.

“En wan­neer dié on­der­soek vol­tooi is, mag staat­skaping nooit, ooit weer ge­beur nie,” het Ra­map­ho­sa ge­sê.

Die teen­woor­di­ges het hom aan die be­gin en die ein­de van sy toe­spraak staan­de toe­ge­juig.

Ra­map­ho­sa het ge­sê die ANC en sy twee al­li­an­sie­ven­no­te, Co­sa­tu en die SAKP, moet daar­van ken­nis neem dat die op­po­si­sie­par­tye die na­si­o­na­le ver­kie­sing in 2019 reeds in hul vi­sier het.

“Ont­hou, die ANC is júl ANC. Die ANC be­hoort aan jul­le. Ek weet dit, want baie van jul­le is le­de van ANC­tak­ke,” het Ra­map­ho­sa ge­sê.

“Ons moet wak­ker word en al­les wat ons van nou af doen, doen met die oog op 2019 so­dat ons die ver­kie­sing oor­tui­gend wen.”

Ra­map­ho­sa is Co­sa­tu se guns­te­ling­kan­di­daat om in De­sem­ber die lei­er­skap van die ANC by p­res. Ja­cob Zu­ma oor te neem. Sy vak­bon­de het saam meer as twee mil­joen le­de.

Co­sa­tu en die SAKP wil al­bei hê Zu­ma moet sy pos ont­ruim.

Dr. Bla­de N­zi­man­de, se­kre­ta­ris-ge- ne­raal van die SAKP, en G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die ANC, was ook gis­ter in die ge­hoor.

Ra­map­ho­sa het Co­sa­tu ge­prys vir die rol wat hy al die af­ge­lo­pe meer as 30 jaar speel en vol­gens hom in die toe­koms steeds sal speel.

“Glo my, jul­le is die groot­ste, mag­tig­ste, suk­ses­vol­ste, mees re­vo­lu­si­o­nê­re, be­trou­baar­ste en die sterk­ste. Jul­le is ’n tuis­te vir wer­ken­de men­se,” het hy on­der da­we­ren­de ap­plous ge­sê.

Ra­map­ho­sa het in die 1980’s as se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die Na­ti­o­nal U­ni­on of Mi­ne­wor­kers (NUM) ’n sleu­tel­rol in die tot­stand­ko­ming van Co­sa­tu ge­speel.

“Toe Co­sa­tu op 1 De­sem­ber 1985 ge­stig is, het ons ge­sê ‘ ’n reus het ont­waak’. Co­sa­tu het ’n reus ge­word en hy is steeds een.

“Co­sa­tu het aan die wer­kers van die land ’n stem ge­gee. Júl­le is die ‘par­le­ment’ van die wer­kers.

“Die ANC was die spies en jul­le die skild en saam het ons hier­die land be­vry,” het die ad­junk­pre­si­dent ge­sê.

“’n Nu­we era van st­rug­gle het nou be­gin.

“Dié st­rug­gle is ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie om be­hoor­li­ke werk­ge­leent­he­de vir ons men­se te kan skep.

“Die men­se van die land ver­wag van ons om die pro­bleem van werk­loos­heid te ta­kel.

“Die land en sy e­ko­no­mie word deur groot uit­da­gings ge­kon­fron­teer. Ons moet op­los­sings vind wat vir ons men­se werk sal gee.

“En dít moet ons koel­kop en ’n oop ge­moed doen,” het Ra­map­ho­sa ge­sê.

Hy het ge­waar­sku teen men­se “met ’n an­der a­gen­da” wat die pro­ses van ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie tot hul eie voor­deel wil ge­bruik.

Ra­map­ho­sa het nie by na­me na ie­mand ver­wys nie.

Fo­to: SA­REL VAN DER WALT

Adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa spreek die sen­tra­le werk­ko­mi­tee van die vak­ver­bond Co­sa­tu gis­ter in I­re­ne, Cen­tu­ri­on, toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.