‘Ek help men­se om nie rot­te te moet eet’

Beeld - - News - – News24

Nie een on­af­hank­li­ke in­stel­ling het die Gup­ta-fa­mi­lie skul­dig be­vind aan e­ni­ge oor­tre­ding nie, sê M­z­wa­ne­le (Jim­my) Ma­nyi, hoof van die Pro­gres­si­ve Pro­fes­si­o­nals Forum (PPF).

Ma­nyi het Maan­dag­aand in ’n on­der­houd met Ca­pe Talk op be­rig­te ge­re­a­geer dat hy die Gup­ta-fa­mi­lie om pos­te vir hom en Xo­lis­wa M­pong­os­he, ’n pro­ku­reur, by staats­be­heer­de en­ti­tei­te ge­na­der het.

Twee e-pos­bood­skap­pe is in 2014 van Ma­nyi se G­mail-re­ke­ning na As­hu C­ha­wla, uit­voe­ren­de hoof van Sa­ha­ra, ge­stuur waar­in hy ge­skryf het “soos be­spreek met To­ny (Gup­ta)”, met twee CV’s aan­ge­heg.

Dit was on­der die rits e-pos­bood­skap­pe wat die Son­dag­koe­rant Ci­ty P­ress in die han­de ge­kry het.

Ma­nyi, voor­ma­li­ge re­ge­rings­woord­voer­der, sê daar is niks ver­keerds met wat hy ge­doen het nie en hy sal dit weer doen.

Hy sê men­se is so des­pe­raat om werk te kry dat hy e­ni­ge ge­leent­heid sal ge­bruik om hul­le te help.

“As hul­le sê ’n Gup­ta kan help, sal ek ’n CV aan ’n Gup­ta gee,” sê Ma­nyi.

“In hier­die land is men­se so des­pe­raat. Hul­le eet rot­te uit des­pe­raat­heid. Hul­le eet slan­ge, hul­le eet gras, hul­le drink pe­trol uit des­pe­raat­heid. So, as ek in ’n po­si­sie sit waar ek men­se kan help om nie rot­te te eet nie, maar pro­beer om hul CV’s in die pot te kry om oor­weeg te word, sal ek dit de­fi­ni­tief doen. Sal ek dit van­dag doen? Ek sal dit steeds doen, selfs van­dag.”

Vol­gens hom is dit net die “wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal­me­dia” wat iets ne­ga­tiefs oor die Gup­tas sê.

“Ek neem die me­dia in dié land nie erns­tig op nie. Ek lees nie hul koe­ran­te nie, want hul­le lieg daag­liks. So as die me­dia sê die Gup­tas is ver­keerd, moet dit nie erns­tig op­neem nie,” sê Ma­nyi.

M­z­wa­ne­le (Jim­my) Ma­nyi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.