Straf­reg­te­li­ke stap­pe oor o­lie­ver­ko­pe oor­weeg

Beeld - - News - P­hil­da Es­sop

Straf­reg­te­li­ke stap­pe word oor­weeg ná die ver­koop van Suid-A­fri­ka se stra­te­gie­se o­lie­voor­raad, het M­ma­mo­lo­ko Ku­bayi, mi­nis­ter van e­ner­gie, aan LP’s ge­sê.

’n Fo­ren­sie­se on­der­soek na dié om­stre­de tran­sak­sie sal ook ge­doen word.

Ku­bayi het gis­ter ’n voor­leg­ging oor die tran­sak­sie – waar­na Ti­na Joe­mat-Pet­ters­son, haar voor­gan­ger, aan­vank­lik as ’n “ro­ta­sie van die o­lie­voor­raad” ver­wys het – aan die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor e­ner­gie ge­doen.

Be­gin van­dees­maand het Ku­bayi aan LP’s ge­sê die 10 mil­joen va­te van Suid-A­fri­ka se o­lie­re­ser­wes wat in 2015 van die hand ge­sit is, was nie deel van ’n ro­ta­sie van o­lie­voor­raad nie, maar die ver­koop daar­van.

Ku­bayi het gis­ter ge­sê Joe­ma­tPet­ters­son het ’n on­der­soek na die tran­sak­sie aan­ge­vra na­dat geld in die re­ke­ning van die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds (SEF) be­land het.

Die ver­slag gee vol­gens haar ’n aan­dui­ding van die­self­de per­soon wat die uit­voe­ren­de hoof, die be­dryfs­hoof en die regs­ad­vi­seur van die Stra­te­gie­se Brand­stof­fonds (SFF) was.

“Ek dink dit is deel van die pro­bleem met die tran­sak­sie,” het Ku­bayi ge­sê

LP’s het ge­hoor hoe­wel die tran­sak­sie in Ja­nu­a­rie 2016 plaas­ge­vind het, het die di­rek­sies van die SEF en die SFF eers in Mei daar­van be­wus ge­word.

God­frey Mo­a­gi, waar­ne­men­de groep­hoof van die SEF, het in sy voor­leg­ging ge­sê die re­ser­wes is aan drie maat­skap­pye ver­koop – Te­le­va­res Tra­ding (4 mil­joen va­te), Vesquin Tra­ding (3 mil­joen va­te) en Ve­nus Ray Tra­ding (3 mil­joen va­te) – teen $26 per vat.

Hy het ge­sê die SFF het geen kon­trak­te goed­ge­keur nie en dat die toe­stem­ming van die SEF se raad ook nie voor­af ver­kry is nie.

Op­po­si­sie­par­tye het ant­woor­de ge­ëis.

Gor­don Ma­cKay, DA-LP, sê die ver­slag is ’n po­ging om die ra­de kwyt te skeld.

“Ek dink eg­ter hul­le moet ook on­der­soek word.”

Ma­cKay wou weet of Joe­mat-Pet­ters­son ver­volg gaan word.

Es­sie Ester­hui­zen, IVP-LP, sê dit is on­aan­vaar­baar dat die raad vyf maan­de lank nie van die tran­sak­sie ge­weet het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.