Br­üs­sow help vrou met stem­wer­wing in Ja­pan

Beeld - - News - Ru­an Bru­wer

Stem­wer­wing om die Vry­staat­se san­ge­res Ca­ro­li­ne-Gra­ce Br­üs­sow in The Voi­ce SA te hou, het selfs in Ja­pan pos­ge­vat.

Br­üs­sow is een van vier deel­ne­mers in Bob­by van Jaars­veld se span in dié sang­kom­pe­ti­sie.

Twee van hul­le gaan Son­dag uit­ge­stem word.

Br­üs­sow se man, die ge­we­se S­pring­bok- en C­hee­tah-rug­by­spe­ler Hein­rich Br­üs­sow, wat nou vir die Ja­pan­se klub­span die Red Hur­ri­ca­nes speel, het ’n paar span­maats op ’n fo­to ge­kry wat al­mal met die nom­mer 13 op hul rûe hul steun vir sy vrou toon.

Die span word deur Da­wie T­heron, oud­af­rig­ter van die G­rie­kwas, en An­dré T­re­doux, ge­we­se hoof­brei­er van die Vry­staat­se o.19-span, ge­brei.

Om­dat een van die vier deel­ne­mers in Van Jaars­veld se span dié week vei­lig is, gaan net een van die oor­bly­wen­de drie wat die mees­te stem­me ver­werf, oor­leef.

Men­se kon tot gis­ter­aand 22:00 stem.

“Wat Hein­rich ge­doen het, is bit­ter ou­lik. Die on­der­steu­ning in so­si­a­le me­dia is fan- tas­ties. Ek kan dit nie glo nie. Ek waar­deer dit on­ge­loof­lik baie,” het sy ge­sê.

Ca­ro­li­ne-Gra­ce, wat ’n regs­ag­ter­grond het en ’n gas­te­huis be­stuur, voel rus­tig oor wat ook al die nuus Son­dag gaan wees wan­neer aan­ge­kon­dig word wie bly en wie gly.

“Ek voel ou­kei, ek het my bes ge­doen en ge­doen wat ek kon. Die pu­bliek sal nou be­sluit of hul­le my ver­der daar wil hê. Ek sal daar­by be­rus. My pad is uit­ge­lê.”

Sy het Son­dag die lied­jie “Elas­tic He­art” deur die san­ge­res Sia ge­sing en groot lof daar­voor ont­vang.

Sy gee toe dit was nie ’n mak­li­ke lied­jie om te sing nie en dat van die ou­er men­se nie ver­troud met die lied­jie of san­ge­res sou wees nie.

The Voi­ce word Son­dae om 17:30 op M-Net uit­ge­saai.

Fo­to: TWITTER

Hein­rich Br­üs­sow (heel links) saam met span­maats van die Ja­pan­se klub­span die Red Hur­ri­ca­nes wat stem­me werf vir sy vrou, Ca­ro­li­ne­Gra­ce, in die sang­kom­pe­ti­sie The Voi­ce SA. Men­se kan die nom­mer 13 na 33692 SMS om vir haar te stem.

Fo­to: SIMON SONNEKUS

Ca­ro­li­ne­Gra­ce Br­üs­sow haal die hoog­ste no­te in haar sang­op­tre­de Son­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.