Wen na­week­weg­breek met SMS

Beeld - - News -

Beeld be­derf sy le­sers met lek­ker pry­se dié win­ter. Moe­nie ver­geet om jou SMS te stuur nie!

Ons gee tot 22 Ju­nie tien­tal­le droom­va­kan­sies, Innibos-kaartjies en kon­tant weg en ons maak dit mak­lik vir jou om deel te neem.

Ons steek el­ke dag ’n sleu­tel­woord in die koe­rant weg. Om ’n kans te hê om ’n prys te wen, SMS die sleu­tel­woord, jou naam en van, as­ook waar jy woon na 35986.

El­ke SMS kos R1,50 en die SMS­lyn sluit daag­liks 00:00.

Lees die be­pa­lings en voor­waar­des op Beeld se Fa­ce­book-blad.

Dít kan jy van­dag wen:

) ’n Na­week­weg­breek (luuk­se ver­blyf vir twee nag­te) vir twee men­se, ont­byt in­ge­sluit, by Lost Trail B&B in M­bom­be­la (Nel­pruit). Lost Trail B&B is weg­ge­steek tus­sen e­nor­me rot­se in ’n dood­loop­straat in M­bom­be­la na­by die dorp se gholf­baan. Die vier­ster­gas­te­huis is i­de­aal ge­leë op pad Kru­ger­wild­tuin of Mo­sam­biek toe. Dis ook bin­ne mak­li­ke be­reik van die Sud­wa­la-grot­te, die Gras­kop/Sa­bie-pa­no­ra­ma­roe­te, Ja­ne Good­all C­himp E­den en Pel­grims­rus. ) Vier dub­bel­kaart­jies wat vir jou toe­gang sal gee tot die Innibos-kuns­te­fees se fees­ter­rein vir 7 Ju­lie, as­ook die goue sir­kel (die bes­te kaartjies wat jy kan kry) vir die kykNET Na­week­kon­sert, wat daar­die aand by die ge­wil­de S­tan­dard Bank-hoof­ver­hoog ge­hou word. Op die ver­hoog is Kar­lien van Jaars­veld, Ná­di­ne, Le­ah, Emo A­dams, T­heuns Jor­daan, Do­zi en B­ren­dan Pey­per.

Innibos, wat van­jaar van 5 tot 8 Ju­lie in M­bom­be­la plaas­vind, is on­langs vir die der­de keer op die kykNET Fi­ës­ta-prys­uit­de­ling aan­ge­wys as Suid-A­fri­ka se ge­wild­ste kuns­te­fees.

Dag- en week­kaart­jies is by Com­pu­tic­ket be­skik­baar. ’n Dag­kaart­jie gee jou toe­gang tot die fees­ter­rein en sluit die aand se kon­sert op die S­tan­dard Bank­ver­hoog in.

’n Week­kaart­jie gee jou die he­le week toe­gang tot die fees­ter­rein en el­ke aand se fees­ter­rein­kon­sert. ) Een prys van R2 000 kon­tant en twee pry­se van R1 000 kon­tant, ge­borg deur Beeld.

Húl­le wen op 27 Mei:

T­heu­nis Car­stens van Roo­de­poort wen ’n vakansie vir vier men­se by die ATKV-oord van sy keu­se. Syl­via At­kin­son van Rand­burg is R2 000 ry­ker en Pe­tro Goo­sen van Cen­tu­ri­on en F­red Ma­ree van eMa­lahle­ni steek elk R1 000 in hul sak.

Húl­le wen op 29 Mei:

Karl De­de­kind van Boks­burg wen ’n weg­breek­pak­ket vir ’n ge­sin van twee vol­was­se­nes en twee kin­ders by Sa­bi S­tar C­ha­lets bui­te Sa­bie. Jo­han van der West­hui­zen van P­re­to­ria het R2 000 los­ge­slaan en Dolf van Col­ler, ook van P­re­to­ria, en He­len Ra­mos van K­lerks­dorp steek elk­een R1 000 in hul sak.

Ver­blyf by Lost Trail B&B in M­bom­be­la.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.