‘SA is hon­ger om WB aan te bied’

Beeld - - News -

Ju­rie Roux, uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru), het Suid-A­fri­ka se bod om die Wê­reld­be­ker­rug­by­toer­nooi in 2023 aan te bied gis­ter in Du­blin, Ier­land, in­ge­dien.

Dié do­ku­ment van 827 blad­sye sit Sa­ru se plan­ne uit­een om dié toer­nooi, wat sy hoog­te­punt met ’n moont­li­ke eind­stryd in die FNB-sta­di­on in Jo­han­nes­burg sal be­reik, suk­ses­vol aan te bied.

“Suid-A­fri­ka het die hon­ger en die ver­moë om ’n toer­nooi aan te bied soos geen an­der land dit kan doen nie. Ons het ge­bie om die toer­nooi in 2011, 2015 en 2019 aan te bied en ons doen dit weer vir 2023,” sê Roux.

“Dít ge­tuig daar­van dat ons nie net die be­geer­te het om die toer­nooi aan te bied nie, maar dat ons ’n ob­ses­sie het daar­oor.”

Vol­gens Roux maak Suid-A­fri­ka se in­fra­struk­tuur, om­ge­wing en kli­maat die land die aan­ge­we­se kan­di­daat om ’n toer­nooi aan te bied wat die wê­reld sal in­spi­reer.

“Ons meen ons het die sterk­ste teg­nie­se bod in­ge­dien. S­pe­lers sal in die i­de­a­le toe­stan­de van ’n droë, son­ni­ge Suid-A­fri­kaan­se len­te speel. Ons sal die hoog­ste kom­mer­si­ë­le waar­de vir Wê­reld- rug­by (die sport se in­ter­na­si­o­na­le be­heer­lig­gaam) kan le­wer met ’n toer­nooi wat lae kos­te be­loop en ’n groot wins sal le­wer,” sê Roux.

Sa­ru glo Suid-A­fri­ka se bod sal uit ’n kom­mer­si­ë­le oog­punt die sterk­ste van die drie kan­di­da­te – Suid-A­fri­ka, Ier­land en Frank­ryk – s’n wees. 2,9 mil­joen wed­stryd­kaart­jies sal be­skik­baar ge­stel word. “Ons sal geen uit­ga­wes aan in­fra­struk­tuur hoef aan te gaan nie. Ons voor­spel Suid-A­fri­ka sal R27,3 miljard uit die toer­nooi kan ver­dien. R5,7 miljard sal na huis­hou­dings met ’n lae in­kom­ste vloei, 38 600 deel­tyd­se of heel­tyd­se werk­ge­leent­he­de sal ge­skep word en die re­ge­ring sal by­na R1,4 miljard in be­las­ting­geld be­kom.

“Suid-A­fri­ka is saam met En­ge­land die e­nig­ste land wat al sok­ker, krie­ket en rug­by se WB-toer­nooie suk­ses­vol aan­ge­bied het.

“Toe­ris­te wat die land in dié tye be­soek het, was vei­lig en hul­le het on­ge­loof­li­ke her­in­ne­rin­ge aan hul tyd in Suid-A­fri­ka, wat in baie krin­ge as die i­de­a­le be­stem­ming vir ’n rug­by­toer be­stem­pel word,” sê Roux.

Wê­reld­rug­by sal die suk­ses­vol­le kan­di­daat op 15 No­vem­ber van­jaar aan­kon­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.