Ma­tie was ‘vol­maak­ste in fa­mi­lie’

Beeld - - News - Je­a­nel­le G­rey­ling

Han­nah Cor­ne­li­us se vriend ver­wyt hom­self om­dat hy nie haar le­we kon red toe ka­pers hul­le in S­tel­len­bosch oor­val het nie.

Vir die slim, lief­de­vol­le stu­dent se fa­mi­lie is haar “sin­ne­lo­se dood” bit­ter moei­lik.

Han­nah (21) en C­heslin Marsh (20), ’n me­de­stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch, is Sa­ter­dag tus­sen 03:00 en 06:00 in Bi­rd­straat, S­tel­len­bosch, aan­ge­val waar hul­le in haar blou Ci­ti Golf ge­sit en ge­sels het.

Die ka­pers het C­heslin met bak­ste­ne teen die kop ge­gooi en hom in Kraai­fon­tein vir dood ag­ter­ge­laat.

Han­nah se lyk is la­ter die og­gend op die plaas Groen­hof bui­te S­tel­len­bosch ge­vind. Sy is ver­skeie ke­re met ’n skerp voor­werp ge­steek en her­haal­de­lik ver­krag.

C­heslin se ma, Ma­ri­lyn, sê hy het nog al­tyd baie wils­krag ge­had, “maar sy gees is nou ’n bie­tjie ge­knak om­dat hy nie meer vir Han­nah kon doen nie”.

Dié eer­ste­jaar-te­o­lo­gie­stu­dent het wel in­lig­ting aan die po­li­sie ver­skaf wat hul­le op die spoor van die moor­de­naars ge­plaas het. Vier men­se is in heg­te­nis ge­neem.

Dit was so on­no­dig dat Han­nah ver­moor moes word vir ’n Ci­ti Golf wat so min waar­de het, sê haar nig­gie, La­li van Zuy­dam.

Sy sê Han­nah het met haar in­ner­li­ke en ui­ter­li­ke skoon­heid al­mal om haar aan­ge­raak.

“Han­nah was die vol­maak­ste een in die fa­mi­lie. Sy was die soort mens wat nog sou vra hoe dit met jou gaan ter­wyl dit met haar sleg gaan.”

Sy het “al die lief­de en ge­duld in die wê­reld” ge­had vir haar broer, An­dries (18), wat ou­tis­ties is.

“Sy het ma­triek met se­we on­der­skei­dings ge­slaag en het baie, baie goed kla­vier ge­speel.”

Haar lang­ter­myn­droom was om te skryf.

“Han­nah het ge­reeld ge­dig­gies ge­skryf. Sy het baie in die joer­na­lis­tiek be­lang ge­stel.”

Van Zuy­dam sê die fa­mi­lie word met kos, brie­we en ge­dig­te oor­wel­dig, selfs van on­be­ken­des.

“Die on­der­steu­ning her­in­ner ons dat daar nog goeie men­se is.”

Sy sê die fa­mi­lie het vol­le ver­troue in die reg­stel­sel om hul­le die ge­reg­tig­heid te gee wat hul­le toe­kom.

’n Rou­diens word Vry­dag 11:00 in die NG kerk in Vis­hoek ge­hou.

Ma­ri­lyn sê sy gaan die rou­diens Vry­dag by­woon, maar sy meen haar seun sal dan nog in die hos­pi­taal wees.

“Sy ge­hoor is aan­ge­tas, want sy oor­drom­me is be­ska­dig toe hy met die ste­ne ge­gooi is.” Maar dit is sy e­mo­si­o­ne­le let­sels wat haar be­kom­mer, sê sy.

Sy “dank die He­re el­ke dag” dat haar seun oor­leef het en so goed aan­sterk en is dank­baar dat hy on­danks sy skok en be­se­rings in­lig­ting aan die po­li­sie kon gee.

Ma­ri­lyn sê haar seun en Cor­ne­li­us was “goed be­vriend”.

“Hul­le was deel van ’n groep vrien­de wat al­tyd saam was.

“Ek het al die ge­leent­heid ge­had om met Han­nah te ge­sels. Sy was ’n baie lief­li­ke mei­sie­kind.”

Han­nah Cor­ne­li­us

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.