Man er­ken hy wurg en ver­krag

Hof hoor hoe hy haar aan­val

Beeld - - News - S­han­tel Mo­ses

Die man wat van die ver­krag­ting van en moord op Fran­zis­ka Bl­ö­ch­li­ger (16) op 7 Maart 2016 in die To­kai-bos aan­ge­kla is, het sy deun­tjie ver­an­der en skuld be­ken.

Ho­ward O­li­ver (27) se be­ken­te­nis is gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad deur adv. Henk Car­stens, sy regs­ver­teen­woor­di­ger, voor­ge­lees.

“Ek het haar van ag­ter af om die nek ge­gryp en haar ge­wurg so­dat sy nie ’n ge­luid kon maak nie,” sê O­li­ver in sy ver­kla­ring.

“Toe sy be­wus­te­loos raak, het ek haar deur die fyn­bos ge­sleep. Ek het eers haar sel­foon, oor­fo­ne en ring ge­vat.”

O­li­ver sê hy het Fran­zis­ka se han­de toe met ’n skoen­ve­ter vas­ge­bind en ’n ve­ter om haar mond vas­ge­bind.

Hy het haar bors en kop in die grond ge­druk en haar ver­krag.

Hy er­ken Fran­zis­ka het nie meer a­sem­ge­haal toe hy die to­neel ver­laat het nie.

“Ek het van my regs­ver­teen­woor­di­ger ver­neem dat sy ver­smoor het. Ek be­ves­tig dat ek haar ge­wurg en haar ge­sig in die grond ge­druk het wat moont­lik tot haar dood ge­lei het.”

By ’n vo­ri­ge hof­ver­sky­ning het O­li­ver skuld ont­ken op aan­klag van ver­krag­ting en moord, maar er­ken dat hy haar van haar di­a­mant­ring en sel­foon be­roof het na­dat hy Man­drax ge­rook het.

Sy jong­ste pleit stem oor­een met die fo­ren­sie­se pa­to­loog se ge­tui­e­nis.

Dr. Sip­ho M­fo­lo­zi het ge­tuig die lyk­skou­ing het ge­toon dat Fran­zis­ka nog ge­leef het na­dat sy haar won­de op­ge­doen het.

“Sy het skraap­mer­ke aan die lyf ge­had wat aan­dui dat sy wel ge­sleep is.”

Sy was waar­skyn­lik be­wus­te­loos toe haar kop in die grond ge­druk is en het grond in­ge­a­sem.

“Die grond het in haar lon­ge be­land. In haar mond was bloed ge­meng met grond.”

M­fo­lo­zi het ge­tuig dat Fran­zis­ka ver­smoor het. Hy sê dit is moei­lik om te sê of sy nog sou ge­leef het as sy nie ver­smoor het nie om­dat sy met so­veel ge­weld ge­wurg is dat haar tong­been ge­breek het.

Reg­ter Ka­te Sa­va­ge le­wer van­dag uit­spraak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.