G’n borg ná hy glo fe­tus uit vrou sny

Beeld - - News - Ro­man­tha Bo­tha

Die re­de waar­om Jaco Oost­hui­zen borg­tog wou hê, is om sy fa­mi­lie te groet “om­dat hy le­wens­lan­ge tronk­straf op­ge­lê kan word”.

Hy kon nie oor­tui­gen­de re­des gee of bui­ten­ge­wo­ne om­stan­dig­he­de be­wys hoe­kom hy op borg­tog vry­ge­laat moet word nie en die reg­stel­sel kan hom nie ver­trou om sy hof­ver­rig­tin­ge by te woon nie, meen land­dros Di­a­ne Blaauw.

Oost­hui­zen het Ni­co­la Pie­naar (28) na be­we­ring ver­moor, haar baar­moe­der oop­ge­sny en haar fe­tus ver­wy­der.

Hy staan te­reg op 11 aan­klag­te, on­der meer van moord met voor­be­dag­te ra­de, roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de, die dief­stal van ’n voer­tuig, be­drog, ver­val­sing van do­ku­men­te en regs­ver­y­de­ling.

Oost­hui­zen ken ook die staats­ge­tui­es – sy ma, broer en voor­ma­li­ge vrien­din – en daar is be­wy­se dat hy laas­ge­noem­de voor­heen pro­beer be­ïn­vloed het om sy borg­to­gaan­soek te steun, het Blaauw gis­ter in die land­dros­hof in die Paarl ge­sê.

Hy het ook geen vas­te woon­a­dres, kin­ders, ba­tes, geld of werk nie.

“Geen om­stan­dig­he­de, on­ge­ag hoe streng die voor­waar­des van sy vry­la­ting, waar­borg dat hy hof­ver­sky­nings sal by­woon óf nie staats­ge­tui­es sal be­ïn­vloed nie.”

Sy het Oost­hui­zen borg­tog ge­wei­er.

Mar­lai­ne Pie­naar-Vi­ce, Pie­naar se ma, sê sy is te­vre­de met die uit­spraak.

Sy is by die hof deur haar sus­ter en swa­er on­der­steun.

Oost­hui­zen bly in aan­hou­ding en die ver­rig­tin­ge is tot 14 Au­gus­tus vir ver­de­re on­der­soek uit­ge­stel.

Fo­to: RO­MAN­THA BO­THA

Jaco Oost­hui­zen by ’n vo­ri­ge hof­ver­sky­ning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.