Hen­ri se ge­moeds­toe­stand ver­an­der dras­ties, ge­tuig sy oom

Beeld - - News - Ja­na B­rey­ten­bach

Aan­vank­lik het nie­mand vir hom ge­sê sy sus­ter en haar man en seun is dood nie, maar hy het dit ag­ter­ge­kom, het An­dré du Toit, oom van hul ver­meen­de moor­de­naar, Hen­ri van B­re­da, gis­ter ge­tuig.

Die og­gend van 27 Ja­nu­a­rie 2015 het die be­stuur­der van die De Zal­ze-land­goed hom ge­bel en ge­sê hy moet so gou moont­lik daar­heen kom.

Hy het vir die ver­de­di­ging ge- tuig in die bin­ne­ver­hoor oor die toe­laat­baar­heid van die ver­kla­ring wat Van B­re­da die dag van die moor­de af­ge­lê het.

Van B­re­da se reg­span voer aan die ver­kla­ring mag nie as be­wys­stuk in­ge­dien word nie om­dat hy as ’n ver­dag­te ge­han­teer is en nie oor sy reg­te in­ge­lig is nie. Die staat sê hy is as ’n slag­of­fer ge­han­teer.

Van B­re­da staan in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad te­reg op aan­klag van moord op sy ou­ers, Te­re­sa en Mar­tin, en broer, Ru­di, en van po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li.

Du Toit het ge­tuig na­dat sy vrou, Son­ja, by die land­goed op­ge­daag het, is hul­le na die Me­di­cli­nic S­tel­len­bosch om Mar­li te sien.

Daar het hul­le ge­hoor dat Mar­li na die Ver­ge­le­gen-hos­pi­taal oor­ge­plaas word en dat die hos­pi­taal nie wil hê hul­le moet haar in daar­die toe­stand sien nie.

Die Du Toits is toe na die po­li­sie­kan­toor om Van B­re­da te sien, maar is daar weg­ge­wys. Hy was in daar­die sta­di­um by die speur­tak se kan­toor so­wat 2 km van daar.

Hier­na het hul­le by Mar­li se kê­rel, Ja­mes Re­a­de-Jahn, se ou­er­huis vir Van B­re­da gaan wag.

Du Toit het ge­tuig dit was baie e­mo­si­o­neel by die huis. Al­mal het ge­huil en min ge­praat.

Toe die Du Toits te­rug is na hul huis, het Van B­re­da by Ja­mes ag­ter­ge­bly om na­by Mar­li te wees.

In kruis­on­der­vra­ging het adv. Su­san Gal­lo­way ver­wys na Van B­re­da se twee be­soe­ke aan ’n dok­ter die dag van die moor­de.

Die eer­ste keer is hy al­leen daar­heen om ’n steek­wond te laat be­han­del. Hy was toe kalm en het met die werk­ne­mers ge­sels.

Die twee­de keer het die po­li­sie Van B­re­da ge­bring so­dat die dok­ter ’n me­die­se ver­slag kon in­vul. Van B­re­da was toe baie te­rug­ge­trok­ke en het een­woor­d­ant­woor­de ge­gee.

Gal­lo­way wou by Du Toit weet of hy saam­stem dat Van B­re­da se ge­moeds­toe­stand dras­ties ver­an­der het. Du Toit het dit toe­ge­gee. Die ver­de­di­ging voer ook aan Van B­re­da is kos en kle­re ge­wei­er en dat Du Toit hom nie kon sien nie.

Du Toit het toe­ge­gee dat Hen­ri se vrien­de ge­weet het waar hy was om­dat ie­mand wel vir hom kle­re ge­neem het.

Die ver­de­di­ging het sy saak ná Du Toit se ge­tui­e­nis ge­sluit en slot­be­toë in die bin­ne­ver­hoor is tot van­dag uit­ge­stel.

Fo­to: JACO MARAIS

An­dré du Toit gis­ter in die hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.