5 mei­sies in huis ge­kry: Drie dán in hof oor men­se­han­del

Beeld - - News - – Ü­gen Vos

Drie le­de van ’n ver­meen­de sin­di­kaat wat by men­se­han­del be­trok­ke is, sal vroeg vol­gen­de maand in die land­dros­hof in S­prings op die aan­klag­te teen hul­le pleit.

Kapt. T­hi­vhu­la­wi Ts­hi­la­te, po­li­sie­woord­voer­der, het be­ves­tig ’n 23-ja­ri­ge vrou is ver­le­de week in ver­band met die on­wet­ti­ge aan­hou­ding van vyf mei­sies in heg­te­nis ge­neem.

Dit volg op die in­heg­te­nis­ne­ming van ’n 17-ja­ri­ge mei­sie en ’n Ni­ge­ri­ër in ’n klop­jag op ’n huis in S­prings waar vyf mei­sies van tus­sen 14 en 19 jaar oud aan­ge­hou is.

Die po­li­sie het ook dwelms by die huis­ei­e­naar ge­vind en op ’n groot hoe­veel­heid por­no­gra­fie be­slag ge­lê.

Vol­gens Ts­hi­la­te kon die huis­ei­e­naar nie sê waar­om die mei­sies in sy huis is nie. Hy is toe op aan­klag van men­se­han­del, ver­krag­ting en die be­sit van dwelms in heg­te­nis ge­neem.

Die drie sal na ver­wag­ting op 9 Ju­nie pleit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.