Buf­fel se ho­ring kloof arm oop

‘Dit kon baie er­ger ge­wees het’

Beeld - - News - El­sje du Toit

’n Plaas­be­stuur­der van Chris­ti­a­na het ’n noue ont­ko­ming ge­had toe ’n buf­fel sy arm met sy ho­ring ge­haak het.

Nou het Ja­kes Ja­cobs ’n he­le ry ste­ke aan die voor­arm om hom daar­aan te her­in­ner.

Vol­gens Wil­lie Vil­joen, wie se pa, Chris­tof­fel, dit sien ge­beur het, is Ja­cobs da­rem nou 100% reg.

“Hy was net op die ver­keer­de tyd op die ver­keer­de plek. Die wond aan sy arm is da­rem nou toe­ge­werk. Ge­luk­kig was dit net ’n vleis­wond.

“Hy kan baie ge­luk­kig wees dat die ho­ring hom nie in die maag, rib­be of bors ge­haak het nie. Dit kon baie er­ger ge­wees het.”

Vil­joen werk vir sy pa, die ei­e­naar van ’n wild­vang­on­der­ne­ming, maar toe die voor­val Vry­dag plaas­ge­vind het, was die Chris­tof­fel Vil­joen­wild­be­dryf­span nie teen­woor­dig nie.

Vil­joen sr. was wel daar om die vee­arts in die he­li­kop- ter te ver­voer so­dat hy die buf­fel kon ver­doof.

Die buf­fel moes net na ’n an­der kamp ver­skuif word.

“Ge­woon­lik wan­neer ons span die ver­skui­wing han­teer, laat ons die buf­fel by die an­der kamp in­stap, maar dié keer moes die buf­fel op ’n draag­baar ge­laai word.”

Die buf­fel het ná die ver­do­wing stil ge­lê. Hy moes op die sy ge­draai word so­dat die draag­baar on­der hom in­ge- skuif kon word.

“A­fri­ka-die­re hou van reg­op lê – toe hy op sy sy ge­draai is, het hy ’n re­fleks­be­we­ging ge­had. In daar­die sta­di­um het Ja­kes net op die ver­keer­de tyd op die ver­keer­de plek ge­staan en die ho­ring het hom ge­haak, ge­luk­kig net in die arm.”

Op ’n vi­deo wat al meer as 1 200 keer op Fa­ce­book aan­ge­stuur is, kan ’n mens sien hoe die buf­fel sy kop draai en die ho­ring Ja­cobs se arm haak.

“’n Buf­fel is om­trent so groot soos ’n bees, maar het baie meer krag. ’n Mens be­sef nie al­tyd hoe­veel krag dié die­re het nie. Daar­om moet jy nooit ver­geet om hom te re­spek­teer nie.”

Vil­joen sê dit is die eer­ste keer in ’n baie lang tyd dat so ’n on­ge­luk ge­beur.

“’n Mens hoor min van sul­ke ge­val­le om­dat ons die die­re met re­spek han­teer. My pa is ’n ge­sou­te wild­van­ger wat al se­dert 1979 wild vang. Ja­kes was net on­ge­luk­kig dat dit met hom ge­beur het.”

Ja­kes Ja­cobs, wat met sy rug na die ka­me­ra staan, en ’n span van die plaas waar­op hy die plaas­be­stuur­der is, pro­beer die buf­fel op die sy draai na­dat hy ver­doof is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.