Vrou sterf toe tier haar in die­re­tuin aan­val

Beeld - - News - And­rea K­ü­sel

Fo­to’s: SKERMGREPE ’n Vrou is dood toe ’n tier haar in ’n die­re­tuin in Cam­brid­ges­hi­re, En­ge­land, aan­ge­val het.

Ro­sa King (33) het Maan­dag in ’n kamp in die Ha­mer­ton-die­re­tuin­park ge­werk toe dit ge­beur het.

Die die­re­tuin sê dit was ’n frats­on­ge­luk.

“’n Tier het die kamp saam met ’n be­waar­der bin­ne­ge­gaan. On­ge­luk­kig is die be­waar­der op die to­neel dood,” sê die po­li­sie.

Vic­to­ria Hol­mes, ’n be­soe­ker, sê sy was be­sig om fo­to’s van ’n an­der tier te neem toe be­waar­ders na ’n kamp ge­hard­loop het. Sy het eers la­ter be­sef wat ge­beur het.

Hol­mes en haar ge­sin het na ’n kan­toor ge­vlug tot­dat ’n die­re­tuin­werk­ne­mer ge­sê het dit is weer vei­lig.

“Ons kon be­waar­ders aan die an­der kant van die draad met stuk­ke vleis sien. Hul­le het die tier se aan­dag pro­beer trek,” sê Hol­mes.

“Dit was hart­ver­skeu­rend om te sien hoe hul­le pro­beer help.”

Be­soe­kers is uit die die­re­tuin ge­lei.

“In geen sta­di­um het ’n dier uit sy kamp ont­snap nie en nie­mand se vei­lig­heid is be­dreig nie.

“Ons dink aan ons kol­le­gas, vrien­de en fa­mi­lie in hier­die aak­li­ge tyd,” sê die be­stuur.

Gar­ry C­his­holm, fo­to­graaf en vriend van King, sê sy was die fo­kus­punt en die lig van die park.

Die Ha­mer­ton-die­re­tuin­park sê op sy web­blad sy Land of the Ti­ger-uit­stal­ling is ge­wild on­der toe­ris­te en tiers word reeds se­dert 2001 daar aan­ge­hou.

Daar is vier Ben­gaal­se tiers, waar­van drie wit is.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Ro­sa King

Die buf­fel maak ’n re­fleks­be­we­ging en sy ho­ring haak Ja­cobs in die voor­arm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.