Kom­mer oor mi­nis­ter se uit­la­tings oor o­li­fant­ver­ko­pe

Beeld - - News - – E­li­se Tem­pel­hoff

Be­wa­rings­be­wus­tes vrees Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, wil stan­daar­de ver­laag om dit mak­li­ker te maak om die land se wil­de o­li­fan­te te ver­koop.

Sy het ver­le­de week in haar be­gro­tings­toe­spraak in die par­le­ment ge­sê as o­li­fan­te die hoog­ste be­wa­ring­sta­tus (aan­hang­sel 1) van Ci­tes kry, sal dit die in­ter­na­si­o­na­le han­del in wil­de o­li­fan­te ver­bied.

“Hier­die be­sluit (om hul­le op aan­hang­sel 2 te hou) is ’n oor­win­ning vir we­ten­skap­li­ke be­sluit­ne­ming wat op fei­te be- rus,” het Mo­le­wa ge­sê.

Ban A­ni­mal Tra­ding (Bat) en die EMS-stig­ting sê sy is óf on­in­ge­lig oor haar eie de­par­te­ment se nor­me en stan­daar­de vir die be­wa­ring van o­li­fan­te óf sy voer plan­ne in die mou om wet­ge­wing te laat ver­an­der so­dat Suid-A­fri­ka, soos Zim­bab­we en Na­mi­bië, met sy o­li­fant­kal­wers kan be­gin han­del dryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.