Cats­hon­de ver­min­der stres op lug­ha­wens

Beeld - - News -

Lug­ha­wens is stres­vol­le plek­ke om­dat pas­sa­siers óf moet hard­loop om ’n vlug te haal óf ure op een moet wag.

Daar­om het reeds meer as 50 lug­ha­wens in A­me­ri­ka vier­voe­ti­ge hel­pers in­ge­roep om rei­si­gers tot be­da­ring te bring en hul angs­tig­heid te ver­min­der, be­rig CNN.

Min­ne­a­po­lis-St. Paul, ’n in- ter­na­si­o­na­le lug­ha­we in die deel­staat Min­ne­so­ta, het 50 span­ne be­staan­de uit ’n vry­wil­li­ge han­teer­der en ’n goed­ge­aar­de hond wat in skof­te werk.

“Men­se is baie be­dry­wig op ’n lug­ha­we; maar as hul­le ’n hond sien, ge­beur iets in hul kop,” sê Leslie Ma­ze, Lib­by se han­teer­der.

Die te­ra­pie­die­re het ’n frok­kie aan met die woor­de “Vryf my” daar­op.

Vol­gens die web­werf Mot­her Na­tu­re Net­work het die i­dee ont­staan toe men­se ná die 9/11-aan­val­le bang was om te vlieg. ’n Vry­wil­li­ger op die San José-lug­ha­we in Ka­li­for­nië het haar ge­ser­ti­fi­seer­de te­ra­pie­hond lug­ha­we toe ge­bring in die hoop dat hy pas­sa­siers sal kal­meer. Dit het ge­werk. Die lug­ha­we het daar­na meer as ’n do­syn hon­despan­ne aan­ge­stel en die voor­beeld ge­stel wat an­der lug­ha­wens volg.

Een van hul­le is die lug­ha­we in Den­ver, Co­lo­ra­do. Hier staan die te­ra­pie­hon­de be­kend as die Ca­ni­ne Ai­r­port T­her­a­py S­quad (Cats).

Fo­to: LUG­HA­WE VAN DEN­VER, FA­CE­BOOK

’n Te­ra­pie­hond raak be­vriend met ’n jong pas­sa­sier op die lug­ha­we in Den­ver, Co­lo­ra­do.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.