R29 mil­joen ná ge­boor­te te lank sloer

Kind, nou 10, is ’n kwa­dru­pleeg

Beeld - - News - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die ou­ers van ’n kind wat erg ge­stremd is om­dat sy te laat ge­bo­re is, gaan meer as R29 mil­joen kry om haar vir die res van haar le­we te ver­sorg.

Die Gau­teng­se de­par­te­ment van ge­sond­heid het R29 626 609 aan­ge­bied om die ge­skil met dié ou­ers fi­naal te skik. Die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het die skik­king Maan­dag ’n be­vel van die hof ge­maak.

Di­ko­ne­lo Ju­lia Rak­gat­la en T­hu­lo Ri­chard Mo­le­fe se dog­ter, Nt­ha­ti­si Pro­mi­se Rak­gat­la, is nou tien jaar oud.

Die ou­ers, van Na­le­di, So­we­to, het R33 mil­joen van die Gau­teng­se ge­sond­heids­de­par­te­ment ge­ëis weens hos­pi­taal­per­so­neel se na­la­tig­heid met Nt­ha­ti­si se ge­boor­te.

Na­dat die pro­ku­reurs hul regs­kos­te van die skik­kings­be­drag af­ge­trek het, sal die res in ’n trust in­be­taal word wat ge­skep moet word om die geld na­mens die mei­sie te be­heer en te ad­mi­nis­treer.

’n Pro­fes­si­o­ne­le trus­tee sal die trust be­dryf.

Die ou­ers het in ver­kla­rings voor die hof ge­sê hul­le het hul pro­ku­reurs be­veel om die skik­kings­aan­bod te aan­vaar, want hul­le wil die saak af­han­del en ’n ein­de bring aan die trau­ma wat hul­le weens hul dog­ter se se­re­bra­le ge­stremd­heid ly.

Hul­le het ook ver­neem dat die aan­bod re­de­lik is en daar is geen waar­borg dat hul­le ’n ho­ër toe­ken­ning vir ska­de­ver­goe­ding deur die hof sou kry as die saak op ver­hoor sou gaan nie.

Rak­gat­la (36), ’n men­se­hulp­bron­ne-ad­mi­nis­tra­teur, is met dié eer­ste, on­ge­kom­pli­seer­de swan­ger­skap deur die Tla­di-kli­niek na die Chris Ha­ni-Bara­gwa­nath-hos­pi­taal ver­wys, want sy was reeds 41 we­ke swan­ger.

’n Dok­ter het op 12 Ja­nu­a­rie 2007 vir haar ’n mid­del ge­gee om te drink om die ge­boor­te­pro­ses te laat be­gin. Die mid­del is op 13 Ja­nu­a­rie 2007 ver­skeie ke­re her­haal. Die ba­ba is op 14 Ja­nu­a­rie 2007 met a­sem­nood ge­bo­re.

Weens die a­sem­nood het die ba­ba ’n brein­be­se­ring op­ge­doen wat mee­bring dat sy se­re­braal ge­stremd en ’n kwa­dru­pleeg is.

Lui­dens die ou­ers se hof­stuk­ke is dit deur die na­la­tig­heid van die LUR en haar werk­ne­mers ver­oor­saak. Dít is dat daar nie be­hoor­lik vaar­di­ge ad­mi­nis­tra­tie­we, fi­nan­si­ë­le en men­se­hulp­bron-per­so­neel­le­de aan­ge­stel is om die te­kort­ko­min­ge in diens­le­we­rings­ge­bie­de op te los waar daar ’n groot be­hoef­te aan ver­be­te­ring is nie.

Lui­dens die ou­ers se hof­stuk­ke is die han­te­ring van swan­ger vroue en die ge­boor­te­pro­ses een van dié ge­bie­de.

Die ou­ers sê dit is na­la­tig om nie on­doel­tref­fen­de en on­no­di­ge per­so­neel­le­de van die ge­sond­heids­de­par­te­ment te i­den­ti­fi­seer en hul diens­te te be­ëin­dig nie.

Dit is ook na­la­tig om nie vol­doen­de be­kwa­me me­die­se per­so­neel en ver­pleeg­kun­di­ges aan te stel om re­de­li­ke ge­sond­heid­sorg aan swan­ger vroue te bied nie.

Dit is ook na­la­tig om die ge­boor­te­pro­ses te in­du­seer en Rak­gat­la in die kraam­pro­ses te laat bly, pleks van om be­tyds ’n kei­ser­snee uit te voer om die ba­ba te ver­los. Om­dat sy reeds 41 we­ke swan­ger was, was sy ’n ho­ë­ri­si­ko­pa­si­ënt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.