Man vas ná speur­ders se kan­toor af­ge­brand is

Beeld - - News - A­let Jou­bert

’n Man wat op soek was na die saak­dos­sier in die po­li­sie­on­der­soek teen hom sit vol­gens die po­li­sie ag­ter die brand by speur­ders se kan­to­re in Dull­stroom.

Die kan­to­re, wat in ’n ge­skied­kun­di­ge ge­bou ’n ha­ne­tree van die an­der po­li­sie­kan­to­re was, is op 11 Mei in die brand ver­woes.

“Die po­li­sie het rook by die ge­bou sien uit­kom en die brand­weer ont­bied, maar teen die tyd dat hul­le op­ge­daag het, was die kan­to­re reeds in puin,” sê brig. Le­o­nard Hla­thi, po­li­sie­woord­voer­der van M­pu­ma­lan­ga.

Fo­ren­sie­se on­der­soe­kers het vas­ge­stel die brand is doel­be­wus ge­stig. Twee skoot­re­ke­naars is ge­steel. Die ver­dag­te is in die Sak­he­le-towns­hip by Dull­stroom in heg­te­nis ge­neem.

Vol­gens die po­li­sie was hy op soek na die dos­sier van die roof-en-aan­ran­ding­saak waar­op hy op die dag van die brand in die hof sou ver­skyn.

“Wat hy nie ge­weet het nie, is dat die dos­sier vei­lig toe­ge­sluit was op ’n an­der plek,” sê Hla­thi.

Die man het eer­gis­ter in die hof ver­skyn en word nou ook van on­der meer sa­bo­ta­sie, huis­braak en dief­stal aan­ge­kla.

Lt.genl. Mond­li Zu­ma, pro­vin­si­a­le kom­mis­sa­ris, sê hy is ver­lig dat ie­mand in heg­te­nis ge­neem is.

Die ver­dag­te sal op 5 Ju­nie weer in die hof ver­skyn.

Die speur­ders se kan­toor in Dull­stroom is op 11 Mei af­ge­brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.