Man in hof oor be­tas­ting van 10­ja­ri­ge in fliek­te­a­ter

Beeld - - News - Han­ti Ot­to

’n 48-ja­ri­ge man wat glo ’n tien­ja­ri­ge mei­sie in ’n rol­prent­te­a­ter in P­re­to­ria be­tas het, het gis­ter in die land­dros­hof op aan­klag van sek­su­e­le aan­ran­ding ver­skyn.

Die man, wat in Ca­pi­tal Park woon, het na be­we­ring op 4 Fe­bru­a­rie by ’n te­a­ter in Brook­lyn in­ge­gaan waar ’n kin­der­fliek ver­toon is.

Lui­dens hof­stuk­ke het hy langs die mei­sie, wat hy nie ken nie, gaan sit. Die kind se ma was nie in daar­die sta­di­um saam in die te­a­ter nie.

Dit blyk die man het ten ty­de van die ver­to­ning eers die bin­ne­kant van die mei­sie se bo­been ge­streel en toe sy hand na haar pri­va­te de­le be­weeg.

Die po­li­sie het vroe­ër ge­sê die kind het op­ge­spring, uit die te­a­ter ge­hard­loop en ie­mand ver­tel wat ge­beur het.

Toe die man kort daar­na uit­ge­stap kom, het sy hom ge­ï­den­ti­fi­seer, maar hy het weg­ge­kom. Sy ge­sig is op die te­a­ter se vei­lig­heids­ka­me­ras vas­ge­lê.

Hy is lui­dens die klag­staat op 6 Maart by sy huis in heg­te­nis ge­neem en op borg­tog van R2 000 vry­ge­laat.

Die po­li­sie ver­moed dit was nie die eer­ste keer dat die man so iets doen nie.

By sy ver­sky­ning gis­ter het die staat ge­vra dat ’n ver­slag oor die kind op­ge­stel word om te be­paal of sy vei­lig sal voel om in die hof­saal, waar sy die be­skul­dig­de kan sien, te ge­tuig en of sy eer­der deur ’n tus­sen­gan­ger uit ’n ge­slo­te ver­trek op kring­te­le­vi­sie moet ge­tuig. Die saak is toe tot Ju­lie uit­ge­stel.

Die ver­dag­te mag in­ge­vol­ge wet nie ge­ï­den­ti­fi­seer word tot­dat hy op die aan­klag, wat van ’n sek­su­e­le aard is, ge­pleit het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.