Die ge­wild­ste sko­le ál vol­ler

Beeld - - News - Han­nes Kru­ger

Tal­le sko­le in Gauteng het nog nie eens tien aan­soe­ke om ’n plek vol­gen­de jaar ge­kry nie, maar van die ge­wild­stes het al tot 1 500 aan­soe­ke ont­vang.

Van­dat die aan­lyn aan­soek­pro­ses op 2 Mei ge­o­pen het, het die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment al 229 828 aan­soe­ke ver­werk – 125 547 om ’n plek in gr. 1 en 104 281 vir gr. 8-leer­lin­ge, het Pa­ny­a­za Le­su­fi, LUR vir on­der­wys, gis­ter in Jo­han­nes­burg ge­sê.

Van die so­wat 2 000 sko­le in die pro­vin­sie wat aan­soe­ke aan­vaar, het 391 min­der as 100 aan­soe­ke ge­kry, 249 min­der as 50, 204 min­der as 25 en 58 min­der as tien.

11 sko­le het veel meer aan­soe­ke – tus­sen 1 000 en 1 000 – ont­vang as wat hul­le kan han­teer. Dit is die Be­no­ni High S­chool, Boks­burg High S­chool, Al­ber­ton High S­chool, P­re­to­ria High S­chool for Gi­rls, La­er­skool A­ka­sia, Ho­ër­skool A­ka­sia, Ho­ër­skool Ger­rit Ma­ritz, Mon­de­or High S­chool, Sir John A­damson High S­chool, Ho­ër­skool Pre­si­dent en Nort­hcliff High S­chool.

“Sko­le sal ou­ers van 24 Ju­lie af laat weet of hul kind ge­plaas is. Die pro­ses ein­dig op 10 Au­gus­tus,” sê Le­su­fi.

“Ou­ers het se­we werk­dae om te be­ves­tig of hul­le die plek aan­vaar. As ou­ers nie bin­ne se­we dae re­a­geer nie, sal hul­le hul plek ver­loor.”

Fo­to: TREVOR KUNENE

Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.