CoAL is bly hy kan nou myn

Mak­ha­do­pro­jek ‘kan nou op dreef kom’

Beeld - - News - E­li­se Tem­pel­hoff

CoAL of A­fri­ca (CoAL), wat reeds se­we jaar lank suk­kel om sy be­oog­de Mak­ha­do-steen­kool­myn aan die noor­de­li­ke han­ge van die Sout­pans­berg oop te maak, het nou weer ’n waterlisensie na­dat Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie, die op­skor­ting daar­van Maan­dag op­ge­hef het.

CoAL sê in ’n ver­kla­ring die maat­skap­py is ver­heug dat al­le “uit­staan­de re­gu­la­sies” nou geld wat hom in staat stel om te be­gin myn.

Die V­hem­be Mi­ne­ral Re­sour­ces S­ta­ke­hol­ders Forum (VMRSF), waar­toe le­de van die Mu­di­me­li-ge­meen­skap en plaas­li­ke boe­re, on­der wie Suid-A­fri­ka se ta­ma­tie­ko­ning, P­hilé van Zyl van ZZ2, be­hoort, stem nie met CoAL saam nie.

Chris­to Ree­ders, regs­ver­teen­woor­di­ger van die VMRSF, het gis­ter ge­sê die forum oor­weeg al sy op­sies.

Die forum het ’n jaar ge­le­de ge­ap­pel­leer teen die uit­rei­king van die waterlisensie wat dit vir CoAL nou moont­lik maak om in dié dor­re streek steen­kool te myn.

Die VMRSF se ap­pèl teen CoAL se waterlisensie moet nou ook deur die wa­ter­tri­bu­naal aan­ge­hoor word.

Ree­ders sê die wa­ter­tri­bu­naal is vier jaar ag­ter met sy ver­ho­re.

Da­vid Bro­wn, uit­voe­ren­de hoof van CoAL, loof Mo­ko­ny­a­ne vir die feit dat sy die op­skor­ting van CoAL se waterlisensie op­ge­hef het en sê hier­die stap is ’n be­wys van die re­ge­ring se steun vir die Mak­ha­do-steen­kool­myn.

Vol­gens Bro­wn het CoAL se Mak­ha­do-pro­jek die po­ten­si­aal om vol­hou­ba­re maat­skap­lik-e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie na die streek noord van die Sout­pans­berg te bring.

CoAL meen dat die maat­skap­py weer sy waterlisensie het én ’n le­ning van R240 mil­joen van die Ny­wer­heids­ont­wik­ke­lings­kor­po­ra­sie be­kom het, sal sorg dat sy Mak­ha­do-pro­jek nou op dreef kan kom.

Bro­wn sê lui­dens die ver­kla­ring CoAL wil sy mi­ne­ra­le­reg­te uit­brei.

Dié myn­maat­skap­py het reeds pro­spek­teer­reg­te (in ver­skil­len­de sta­di­ums van ont­wik­ke­ling) op 78 000 ha (so groot soos so­wat 11 000 rug­by­vel­de) in die Lim­po­po-kom. As dié my­ne in be­dryf kom, sal die mees­te daar­van oop­groef wees.

Die Mak­ha­do-pro­jek sal 7 651 ha (15 302 rug­by­vel­de) groot wees.

CoAL het gis­ter in ’n skrif­te­li­ke ant­woord op vrae ge­sê sy Ve­le-steen­kool­myn op die oe­wer van die Lim­po­po­ri­vier is se­dert 2013 in sa­ke­red­ding. Dié myn het reeds ’n paar keer ver­spoel wan­neer die Lim­po­po in vloed was.

Vol­gens CoAL is die maat­skap­py be­sig om dié myn (’n klip­gooi van Ma­pun­gub­we af) te mo­der­ni­seer en wag hy nou ook op ’n waterlisensie voor­dat Ve­le moont­lik her­o­pen sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.