Ge­we­se dik­ta­tor sterf ná maan­de in ko­ma

Beeld - - Wêreld­beeld - – Reu­ters

Die voor­ma­li­ge Pa­na­me­se dik­ta­tor Ma­nu­el No­rie­ga, wat vir die VSA ge­spi­oe­neer het voor­dat sy dwelm­han­del en wreed­heid in 1989 tot ’n A­me­ri­kaan­se in­val ge­lei het om hom uit die kus­sings te lig, is in die ou­der­dom van 83 dood.

P­res. Ju­an Car­los Va­re­la van Pa­na­ma het No­rie­ga se dood Maan­dag­aand laat aan­ge­kon­dig en sê dit is die ein­de van ’n hoof­stuk in die ge­skie­de­nis van dié Suid-A­me­ri­kaan­se land.

No­rie­ga, wat van 1983 tot 1989 Pa­na­ma se lei­er was, was lank ’n me­de­wer­ker van die A­me­ri­kaan­se spi­oe­na­sie­diens, die CIA, en ’n bruik­ba­re bond­ge­noot van die VSA in ’n streek wat vat­baar was vir links­ge­sin­de op­roe­rig­heid.

Die in­val in 1989, op be­vel van p­res. Ge­or­ge H.W. Bush, het No­rie­ga se loop­baan van geld­was­se­ry en ko­ka­ïen­smok­ke­la­ry be­ëin­dig waar­by dwelm­ba­se soos Pa­blo Esco­bar van Co­lom­bia be­trok­ke was.

No­rie­ga is in 1992 in die VSA ge­von­nis, maar het ten ty­de van sy dood ’n von­nis weens moord in Pa­na­ma uit­ge­dien.

Hy is in Ja­nu­a­rie on­der huis­ar­res uit die tronk vry­ge­laat so­dat hy weens ’n brein­ge­was ge­o­pe­reer kon word.

Die o­pe­ra­sie is in Maart uit­ge­voer, maar No­rie­ga het bloe­ding op­ge­doen, ’n twee­de o­pe­ra­sie on­der­gaan en was se­dert­dien in ’n ko­ma.

’n Woord­voer­der van die Pa­na­me­se re­ge­ring wat a­no­niem wil bly, sê No­rie­ga is Maan­dag om­streeks 23:00 in ’n hos­pi­taal in Pa­na­ma­stad dood na­dat sy toe­stand skie­lik ver­swak het.

Va­re­la sê No­rie­ga se fa­mi­lie moet die reg hê om die voor­ma­li­ge lei­er in vre­de te be­gra­we.

E­zra An­gel, No­rie­ga se pro­ku­reur, sê die drie No­rie­ga- dog­ters sal nie ’n ver­kla­ring uit­reik nie.

“Ons Pa­na­me­se moet die (No­rie­ga-) era ont­hou as iets wat nie in Pa­na­ma her­haal mag word nie. Dit was ’n pyn­li­ke tyd vir die land om­dat dit met ’n in­val be­ëin­dig is,” sê Au­re­lio Bar­ria, voor­ma­li­ge lei­er van die Cru­za­da Ci­vi­lis­ta – ’n bur­ger­reg­te­or­ga­ni­sa­sie wat ’n veld­tog teen die dik­ta- tuur ge­voer het.

No­rie­ga was ná die in­val in 1989 waar­aan na­ge­noeg 28 000 A­me­ri­kaan­se troe­pe deel­ge­neem het die res van sy le­we in aan­hou­ding in die VSA, Frank­ryk en Pa­na­ma.

Ná sy ge­van­ge­ne­ming het No­rie­ga die bord­jies pro­beer ver­hang en ge­sê die VSA was kop in een mus met hom.

Fo­to: AP

Ma­nu­el No­rie­ga in Mei 1988 in Pa­na­ma­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.