Steun vir T­he­re­sa May neem af

‘Ons kan ge­sprek­ke oor B­rex­it laat vaar’

Beeld - - Wêreld­beeld - – Reu­ters, BBC

T­he­re­sa May, Britse pre­mier, is nie meer ver­se­ker van ’n mak­li­ke oor­win­ning oor die Ar­bei­ders in die al­ge­me­ne ver­kie­sing op 8 Ju­nie nie.

In ’n pei­ling deur Sur­va­ti­on vir die TV-pro­gram Good Mor­ning B­ri­tain is be­vind sy is met net ses per­sen­ta­sie­pun­te voor teen­oor ne­ge pun­te ver­le­de week en 18 pun­te twee we­ke ge­le­de.

May het die ver­kie­sing uit­ge­skryf om haar mags­ba­sis te ver­sterk in on­der­han­de­lin­ge oor B­rit­tan­je se ont­trek­king aan die Eu­ro­pe­se U­nie (EU), B­rex­it, om meer tyd te wen om die na­ge­vol­ge van B­rex­it te pak en om haar greep op die Kon­ser­wa­tie­we Par­ty te ver­sterk.

As sy nie ’n oor­tui­gen­de oor­win­ning be­haal nie, kan haar ge­sag by­na aan die be­gin van amp­te­li­ke B­rex­it-on­der­han­de­lin­ge on­der­myn word.

Die Sur­va­ti­on-pei­ling is ver­le­de Vry­dag en Sa­ter­dag ge­doen ná die self­moord­bom­aan­val in Man­ches­ter waar­in 22 men­se dood is.

Net meer as die helf­te van die 1 009 re­spon­den­te in die pei­ling sê hul­le dink May is die bes­te keu­se vir die pre­mier­skap, ter­wyl steun vir die Ar­bei­ders se Je­re­my Cor­byn op net 30% ge­staan het – wat ho­ër is as in vo­ri­ge pei­lings.

“Ek meen geen oor­een­koms is be­ter as ’n sleg­te oor­een­koms. Ons moet ge­reed wees om on­der­han­de­lin­ge te laat vaar,” het May gis­ter in ’n ver­sky­ning op TV ge­sê.

May en Cor­byn het af­son­der- lik vrae van die pu­bliek be­ant­woord. May het al voor­heen ge­sê die EU wil B­rit­tan­je straf vir B­rex­it deur on­aan­vaar­ba­re ei­se in die on­der­han­de­lin­ge te stel.

Cor­byn is se­ker ’n oor­een­koms kan be­reik word.

“Ons sal se­ker maak dit is ’n goeie oor­een­koms,” sê hy.

Die ver­skil­len­de ma­nie­re waar­op hul­le die on­der­han­de­lin­ge wil pak, sal be­paal wat ver­wag kan word in twee jaar se moei­li­ke ge­sprek­ke oor al­les wat wis­sel van hoe­veel geld B­rit­tan­je aan die EU ver­skul­dig is tot grens­re­ë­lings vir mi­gran­te, goe­de­re en diens­te.

EU-amp­te­na­re be­rei voor so­dat B­rex­it-sa­me­spre­kings op 19 Ju­nie kan be­gin, maar dit sal ná die Britse ver­kie­sing be­ves­tig word. ) 50 men­se word nog in die hos­pi­taal be­han­del ná die bom­aan­val in Man­ches­ter. 17 van hul­le is in ’n be­denk­li­ke toe­stand. Na­ge­noeg 116 men­se is in die hos­pi­taal be­han­del ná die ont­plof­fing bui­te die Man­ches­ter A­re­na.

Die Britse o­wer­heid het tot dus­ver 14 mans in heg­te­nis ge­neem in ver­band met die ont­plof­fing. Hul­le is nog nie ge­ï­den­ti­fi­seer of aan­ge­kla nie.

Fo­to: REU­TERS

T­he­re­sa May

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.