Wees deel van die ak­sie op 4x4-skou

Sa­ter­dag en Son­dag in Pta

Beeld - - Wêreld­beeld -

Al­le bui­te­le­we- en 4x4-gees­drif­ti­ges word uit­ge­nooi na die 17de LA Sport 4x4Pro­duk­te-in-Ak­sie-skou, wat op 3 en 4 Ju­nie in P­re­to­ria ge­hou word.

Die skou vind plaas op die 4x4-ak­sie­baan aan die ag­ter­kant van LA Sport se 4x4-win­kel in S­te­ve Bi­ko­weg in Ca­pi­tal Park. Toe­gang kos R50 per per­soon. Kin­ders jon­ger as 12 kry gra­tis toe­gang.

Die kol­lig val op kam­pe­ring, 4x4’s en die pro­duk­te wat daar­mee ge­paard­gaan. 4x4-han­de­laars, soos Toyo­ta, Ford en Nis­san, stal hul voer­tuie uit en die pu­bliek kry die ge­leent­heid om toets­rit­te saam met die ver­skil­len­de han­de­laars te doen en self te voel hoe die ver­skil­len­de voer­tuie op die 4x4-toets­baan han­teer.

As jy ’n 4x4 het, kan jy dit na LA Sport 4WD Me­gas­to­res bring om be­hoor­lik toe­ge­rus te word met die bes­te 4x4-toe­be­ho­re. Dié on­der­ne­ming spog met sy eie u­nie­ke reeks 4x4-pro­duk­te, wat bos­bre­kers, ag­ter­ste buf­fers, wen­as­te en ProFen­der-ve­ring­stel­sels in­sluit.

Tal­le bos­wa­en­tjie­ver­vaar­di­gers kom hul voor­raad uit­stal, so jy kan kom kyk wat­ter wa­en­tjie die bes­te gaan werk wan­neer jy en jou ge­sin jul vol­gen­de bos­a­von­tuur aan­durf. Daar is ook weer van­jaar man­ne met hul S­pa­ce-raam-voer­tuie wat sal de­mon­streer wat dié voer­tuie op baie row­we ter­rein kan ver­mag.

Die tyd­skrif ’n ge­reel­de uit­stal­ler, bring Mo­sam­biek so ’n bie­tjie na­der die na­week. Kom kui­er saam in die sand en ge­niet die heer­lik­ste RR’s en pe­ri-pe­ri-hoen­ders ter­wyl jy jou vol­gen­de droom­va­kan­sie saam met die uit­stal­lers be­plan.

Die skou het ’n won­der­li­ke kui­e­r­at­mos­feer met lek­ker mu­siek. Gas­kuns­te­naars soos Jay, De­wald Wasser­fall, Pie­ter Koen, DZL, Piet Pom­pies, Am­pie, Ta­la­na en die be­ken­de Mar­ca­to Band maak van­jaar ’n draai.

Vir meer in­lig­ting, be­soek www.lasport.co.za, bel A­nel by 012 329 4515, stuur ’n e-pos na a­nel@lasport.co.za of be­soek die Fa­ce­book-blad LA Sport 4WD Me­gas­to­res.

Fo­to’s: LA SPORT

Kom voel wat die groot bak­kies op row­we ter­rein doen. Lief­heb­bers van vier­trek­voer­tuie gaan die na­week in hul e­le­ment wees wan­neer die 17de LA Sport 4x4skou in P­re­to­ria aan­ge­bied word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.