Die e­nig­ste men­se wat jy kan ver­trou . . .

Beeld - - Wêreld­beeld -

Die woord “ma­ka­ber” klink grie­sel­rig. Se­ker om­dat dit ’n grie­sel­ri­ge her­koms het, en as mens sê “dis ’n ma­ka­be­re ver­haal dié” dan weet jy jy moet jou reg­maak vir ’n gril­sto­rie . . .

Ma­ka­ber het ’n Fran­se her­koms – dan­ce ma­ca­b­re wat ver­wys na ’n dans waar­in ’n men­se­fi­guur die dood voor­stel en men­se ver­lei om met hom (die Dood) te dans tot­dat húl­le dood neer­val! ’n Bok­jol van die dood, wil mens sê.

Van­daar mis­kien die al­ge­me­ne be­te­ke­nis van “ma­ka­ber” as iets wat af­gry­se wek – soms net ter wil­le van die sen­sa­si­o­ne­le daar­van, maar soms om men­se be­wus te maak van vol­slae ar­ge­loos­heid oor die kos­baar­heid van men­se­le­wens. Soos dit ge­beur met “don­ker toe­ris­me” waar­deur men­se be­soek af­lê by ma­ka­be­re plek­ke as sim­bo­le van skok­ken­de, af­grys­li­ke ge­beu­re in die ge­skie­de­nis – soos Auschwitz in Po­le, Da­chau in Duits­land, Tu­ol S­leng in Phnom Penh in Kam­bod­ja, en Rob­ben­ei­land hier.

As jy daar was, sak die som­ber­te jou toe: Dis wat men­se aan me­kaar doen in die naam van i­de­o­lo­gieë. Kan daar dan iets vro­liks uit die ma­ka­be­re kom? S­tel­lig nie, maar ek het ’n ma­ka­be­re sto­rie wat tog ’n bie­tjie soon­toe mik . . .

Dit is 1963 en ek doen va­kan­sie­werk as leer­ling­joer­na­lis by Volks­blad in Bloem­fon­tein. Kom uit ’n be­skerm­de huis­om­ge­wing en jy ken maar net die men­se wat soos jy is. “An­der men­se” – soos in Jan Ra­bie se Dood­geld en in Je­an­ne Goo­sen se ’n Paw-paw vir my dar­ling – is nie rê­rig nie. Word deur die nuus­re­dak­teur aan­ge­sê om saam met die mis­daad­ver­slag­ge­wer van daar­die ja­re, Peet Si­mo­nis, sy kon­tak­te te ont­moet en te sien hoe die mis­daad­wê­reld lyk.

By die hoog­ge­regs­hof stop hy in die straat, steek sy kop by die ven­ster uit en gee ’n lang uit­ge­trek­te fluit. ’n Mei­sie steek haar kop by ’n ven­ster uit en wys met die vin­gers ’n “ron­de nul”. As daar nuus­waar­di­ge hof­stuk­ke is, sal sy ’n an­der te­ken gee, sê Peet. Sy mag nie bel nie.

Voort na Bloem­fon­tein se po­li­sie­kan­toor in Park­weg. Ont­moet die speur­hoof en word in­ge­lig oor vars mis­daad. Daar­na is dit lyk­huis toe waar Peet non­cha­lant vra of daar “’n lek­ker stuk­kie vleis in­ge­kom het”. Sul­ke don­ker hu­mor is me­ni­ge joer­na­lis se ver­weer teen le­wen­sel­len­de; wan­neer die ma­ka­be­re dreig om jou fo­kus op die werk wat jy moet doen te laat ont­spoor. My maag draai.

Die ou­e­ri­ge on­der­of­fi­sier in be­vel, wat hom­self ’n “lyk­slag­ter” noem, weet pre­sies wat Peet wil weet en hy wys hom die voor­lo­pi­ge snit­te wat hy ge­doen het voor­dat die amp­te­li­ke lyk­skou­ing be­gin. Ek voel naar­de­rig.

’n Jaar of wat la­ter toe ek hof­ver­slag­ge­wer word, ge­sels ek ge­reeld met die “lyk­slag­ter” as ons wag vir ’n moordsaak waar­in hy die vreem­de maar be­lang­ri­ke ge­tui­e­nis moet le­wer dat ’n lyk van die mis­daad­to­neel af na die lyk­huis geen ver­de­re be­se­rings op­ge­doen het nie.

Vra hom of dit nie ’n ver­skrik­li­ke ding is om el­ke dag met ly­ke te werk nie. Met sy wa­te­ri­ge blou oë kyk hy my lank en stip aan: “Ne­fie, dis die e­nig­ste men­se wat jy kan ver­trou.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.