Ar­ti­kel maak tal­le on­be­we­se aan­na­mes oor Gey­ser

Beeld - - Wêreld­beeld - Prof. H.G. van der West­hui­zen, Piet P­les­sis, Vry­burg

Dit is goed dat die fa­kul­teit te­o­lo­gie van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria wat van­jaar 100 jaar oud is in Beeld (27.05) on­der die op­skrif “Tus­sen ont­hou en ver­geet” her­denk word. On­ge­luk­kig kry ’n mens die in­druk uit die toe­spra­ke dat een­sy­dig ver­geet en ont­hou moet word.

Wat die ver­haal van Al­bert Gey­ser be­tref, word ge­sê dat “’n Boe­re­kerk wat deel­neem aan par­ty­po­li­tiek . . . mag wel ’n volks­kerk wees, maar nie lan­ger die kerk van Chris­tus nie”.

Eer­stens wek “deel­neem aan par­ty­po­li­tiek” ’n een­sy­di­ge en ske­we in­druk. Die ver­meen­de Boe­re­kerk het nooit deel­ge­neem aan par­ty­po­li­tiek nie. Hy het wel die le­wens- en wê­reld­be­skou­ing van die Voor­trek­kers ge­hand­haaf. T­wee­dens ís die stel­ling oor volks­kerk ’n e­nor­me wan­beeld wat ’n volks­kerk is.

Om Gey­ser se ket­te­ry te ver­bind met die “ras­se­uit­slui­tings­klou­su­le in die kerk­or­de” waar­deur hy “uit die fa­kul­teit ge­dwing is”, is in oor­een­stem­ming met wat Gey­ser self des­tyds oor die he­le wê­reld wou laat glo.

Tot in die VVO het die stel­ling op­ge­klink dat Gey­ser se kerk hom aan­ge­kla het oor die “uit­slui­tings­klou­su­le”, of­te­wel “a­part­heid”. E­ric Louw, mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, het die reg­stel­ling ge­doen dat nie die kerk Gey­ser aan­ge­kla het nie, sy stu­den­te het en hy ís nie ver­hoor weens a­part­heid nie, maar weens dwaal­leer. Die dwaal­leer was dat hy Je­sus nie as Seun van God aan God die Va­der ge­lyk ge­sien het nie, maar as die min­de­re van God.

Dat hy die ap­pèl in die hoog­ge­regs­hof teen die kerk ge­wen het, ís op teg­nie­se pun­te. Om te sê hy be­ly soos die kerk en saam met die kerk het die kerk hom ge­lyk ge­gee om­dat dit die eer­ste keer in die he­le tyd van on­der­soek was dat hy dit ge­doen het.

As Cas La­bu­schag­ne en An­dries van Aar­de skryf dat Gey­ser preek­beur­te in sy kerk ont­sê is, kan ons ge­tuig dat ons dik­wels na ge­meen­tes ge­gaan het waar hy preek. As daar ge­meen­tes was wat al snuf in die neus ge­had het van sy dwa­ling, kan hul in­di­vi­du­e­le op­tre­de ver­staan word.

Dat sy te­le­foon af­ge­luis­ter is, sy pos oop­ge­maak is, ge­peu­ter is met die rem­me van sy mo­tor “en hy ter­nou­er­nood aan die dood ont­kom het”, ís iets waar­van ons as sy stu­den­te des­tyds níks ge­hoor het nie! Ook in die kerk­ge­meen­skap het ons so iets nooit ver­neem nie. Dit is ook nie denk­baar dat ’n kerk so iets doen nie!

Dat sy vrou “ver­skeie ke­re in ’n in­rig­ting op­ge­neem” is, kan as dít waar is ook ge­wyt word aan hu­we­lik­sa­ke wat des­tyds be­denk­lik was eer­der as aan sa­ke wat ver­band hou met sy op­drag in die fa­kul­teit te­o­lo­gie.

Gey­ser se ou­er broer was ’n be­sa­dig­de reg­ge­aar­de pre­di­kant en as hy van sy jon­ger broer ge­sê het “’n dui­wel in die ge­stal­te van ’n en­gel van die lig”, dan sê dit baie!

Al­bert Gey­ser

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.