Hoof­reg­ter moet aan­stel­ling doen oor staat­skaping

Beeld - - Wêreld­beeld -

Met al die stof­wol­ke wat nog nie heel­te­mal gaan lê het nie ná die veel­be­spro­ke ver­ga­de­ring van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) is daar nog on­dui­de­lik­heid oor som­mi­ge kwes­sies.

Een daar­van is pre­sies wat be­doel word met die skie­li­ke aan­drang van die NUK en glo ook p­res. Ja­cob Zu­ma dat ’n kommissie van on­der­soek na staat­skaping no­dig is. On­langs nog het Zu­ma ver­klaar dat hy die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) se ver­slag oor staat­skaping ver­werp en in die hof wil be­twis.

In haar ver­slag het sy aan­be­veel dat die hoof­reg­ter, en nie Zu­ma nie, ’n reg­ter aan­stel wat die ge­reg­te­li­ke kommissie van on­der­soek lei. Dit is ’n sin­vol­le aan­be­ve­ling wat die ge­loof­waar­dig­heid, ob­jek­ti­wi­teit en doel­tref­fend­heid van so ’n kommissie sal ver­se­ker.

In­dien Zu­ma daar­op aan­dring om die kommissie self aan te stel, stuur dit af op die­self­de on­be­vre­di­gen­de de­ba­kel waar­op die on­der­soek na kor­rup­sie met wa­pen­han­del uit­ge­loop het. Net mooi niks.

Zu­ma is be­skul­dig­de nom­mer een in die kwes­sie van staat­skaping en hy kan nie self die reg­ter kies wat hom moet on­der­soek nie. Hy­self en die ANC dink blyk­baar dat die kwes­sie sal weg­gaan as daar bloot ’n ge­baar is dat ’n on­der­soek ge­doen word.

As die OB se aan­be­vo­le roe­te nie ge­volg word nie, sal die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing nie an­ders kan as om die pro­ses by voor­baat te ver­werp nie.

Daar sal dan maar voort­ge­gaan moet word om die waar­heid deur al­ter­na­tie­we ka­na­le te ont­hul – soos on­der­soe­ke na staat­skaping deur die Suid-A­fri­kaan­se Raad van Ker­ke, as­ook deur ’n groep a­ka­de­mi­ci, reeds be­wys het.

Die on­der­soek na staat­skaping gaan daar­oor dat die om­vang van die stroop­tog op die land en sy men­se se bron­ne deur Zu­ma, som­mi­ge mi­nis­ters, staats­amp­te­na­re, be­stuurs­le­de van o­pen­ba­re kor­po­ra­sies, be­paal­de sa­ke­lui en ver­al die Gup­ta-fa­mi­lie be­paal moet word.

E­ni­ge pro­ses wat dit nie as sen­tra­le fo­kus het nie, sal nood­wen­dig be­skou word as ’n toe­smeer­de­ry en sal as so­da­nig ont­hul moet word.

Die ANC of die re­ge­ring of wie ook al die kwes­sie nou han­teer, moet so gou moont­lik uit­kla­ring gee. Mid­de-in ’n si­tu­a­sie waar­in daar vir die ANC nie veel meer hoop is om in die vol­gen­de paar jaar ’n be­te­ke­nis­vol­le po­li­tie­ke fak­tor te bly nie, kan die reg­te skuif tog ’n ma­te van ge­loof­waar­dig­heid her­stel.

Ver­al as die­ge­ne in die ANC wat dees­dae in die o­pen­baar teen kor­rup­sie en Zu­ma se rol daar­in praat, erns­tig is met wat hul­le be­doel. Die sweer moet ten vol­le ge­drei­neer word.

Dit kan net deur ’n ge­loof­waar­di­ge en on­af­hank­li­ke reg­ter­li­ke kommissie ge­beur of die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing sal die pro­jek self moet pak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.