Britse Leeus, Ki­wi’s se plan­ne be­ter

Beeld - - Wêreld­beeld - Kys de Wet, Ge­or­ge

Ons het so ge­woond daar­aan ge­raak dat rug­by­toe­re net uit toet­se be­staan dat ons glad nie aan an­der moont­lik­he­de dink nie. In 1956 het die toer na Aus­tra­la­sië op 15 Mei be­gin en op 1 Sep­tem­ber is die laas­te toets teen die All Blacks ge­speel. Dit was 3½ maan­de!

Die Britse Leeus se toer­plan van­jaar in Nieu-See­land het my aan­dag ge­trek. Dit lyk of die lang toe­re van des­tyds aan’t her­leef is. Ek meen dit is ’n uit­ste­ken­de plan om s­pe­lers wed­stryd­fiks te hou in plaas van om drie we­ke teen duik­sak­ke te oe­fen.

Die C­hiefs, Cru­sa­ders, High­lan­ders, Blu­es en Hur­ri­ca­nes gaan al­mal ’n kans kry om skerp te bly teen die Leeus, ter­wyl die All Blacks ook drie toet- se teen die Leeus speel.

My vraag is nou: Is die Sa­ru­be­stuur aan die slaap? Waar­om het Nieu-See­land die reg om hul span­ne wed­stryd­skerp te hou deur teen die Leeus te speel, ter­wyl ons ’n A-span van x aan­tal s­pe­lers kies om teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans te speel?

Wat word van die an­der s­pe­lers wat ná die toer weer Su­per­rug­by moet speel? Hul­le sal so ge­woond wees daar­aan om duik­sak­ke te têk­kel dat hul­le hul­le dalk dood sal skrik as die op­po­nen­te be­gin hard­loop. Die A-span is ’n uit­ste­ken­de ge­dag­te as ons aan die ein­de van die jaar in Eu­ro­pa gaan “toer”. Tuis be­hoort ons die Leeus, S­tor­mers, Kings, C­hee­tahs, S­harks en Bul­le skerp te hou vir wat ná hier­die Ju­nie-ga­ping kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.