Dalk moet jy meer uit­gaan

Beeld - - Wêreld­beeld - Lou­is La­te­gan, Van­der­bijl­park

Dit is ver­bly­dend om te lees dat prof. An­dré de Vil­liers sy uit­stap­pie na die S­taats­te­a­ter so ge­niet het, en dat dit wel baie vei­lig in die ge­bou was (“Jam­mer so min het ‘Tos­ca’ be­leef”, 30.05).

Dis on­ge­luk­kig nog­al te­leur­stel­lend dat, on­danks die mei­sie by die hys­bak se vrien­de­lik­heid en die so­praan se ta­lent, hy na hul vel­kleur ook moet ver­wys. Er­ger nog die ver­lep­te “Sy praat goed A­fri­kaans.” Prof, dalk moet jy ’n bie­tjie meer dik­wels uit­gaan. Dan sal jy sien dat vrien­de­lik­heid, be­hulp­saam­heid, ta­lent, die ver­moë om goeie A­fri­kaans te praat en ’n uit­ste­ken­de mu­si­kant te wees lank­al nie meer die eks­klu­sie­we reg van wit, A­fri­kaans­spre­ken­de P­re­to­ri­a­ners is nie. Ek is bly jy kon ná al­les vin­nig en on­ge­deerd na Cen­tu­ri­on ont­snap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.