A­fri­kaans sluit nie uit

A­fri­kaans is nie ’n sek­ta­rie­se taal­tjie wat sy spre­kers in­perk en an­der men­se uit­sluit nie, het prof. And­re­as van Wyk gis­ter­aand ge­sê by die toe­ken­ning van die Jan H. Ma­rais­prys aan proff. Jaap S­teyn en Jan van der Watt.

Beeld - - Wêreld­beeld - Prof. Jan van der Watt

Die doel van die Jan H. Ma­rais­prys is om er­ken­ning te gee aan “’n uit­staan­de by­drae tot A­fri­kaans as we­ten­skaps­taal deur we­ten­skap­li­ke werk en pu­bli­ka­sies op hoë vlak en van hoë ge­hal­te in A­fri­kaans”.

Die prys is in 2015, ’n eeu ná Marais se dood op 30 Mei 1915, ge­skep deur ’n be­sluit van Het Jan Marais Na­ti­o­na­le Fonds, Nas­pers en die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch. Dié bor­ge het al drie hul ont­staan en flo­re­ren­de hui­di­ge be­staan te dan­ke aan die ver­sien­de steun van Jo­han­nes He­noch Marais (ge­bo­re 1850). Deur die prys gee hul­le er­ken­ning aan hom en aan sy i­de­a­le.

Jan Marais was ’n man wat in die 1870’s en 1880’s deur har­de werk op die Di­a­mant­veld van Kim­ber­ley en deur toe­koms­ge­rig­te den­ke ryk ge­word het, maar ne­de­rig en toe­gank­lik ge­bly het. Daar is ve­le sto­ries oor hoe ge­wo­ne S­tel­len­bos­sers by sy stoep aan­ge­klop het vir ’n ge­sel­sie en soms ook om hulp. Hy het sy voe­te ste­wig op die aar­de ge­hou en na aan sy wor­tels ge­bly. Vir hom was steun vir sy moe­der­taal, A­fri­kaans, as ’n li­te­rê­re en a­ka­de­mie­se taal van­self­spre­kend. Al was hy la­ter ’n wel­be­re­se par­le­ments­lid wat hier en in die bui­te­land in die hoog­ste krin­ge be­weeg het, het hy eg­ter geen teen­spraak tus­sen sy i­den­ti­teit en wê­reldo­pen­heid ge­sien nie.

In hier­die op­sig het die he­den­daag­se de­bat myns in­siens skeef­ge­loop. Ver­al se­dert die B­rex­it-re­fe­ren­dum in B­rit­tan­je en die ver­kie­sing van Do­nald Trump as A­me­ri­kaan­se pre­si­dent het dit mo­di­eus ge­word om kie­sers in twee groe­pe in te deel: men­se van ê­rens en men­se van o­rals. Eers­ge­noem­de is die men­se met ’n na­si­o­na­le be­wus­syn, on­der­steu­ners van “A­me­ri­ca First!” en “Litt­le Eng­land”. Laas­ge­noem­de is die ge­glo­ba­li­seer­de in­ter­na­si­o­na­lis­te wat die wê­reld as hul tuis­te sien, men­se wat in die vroeë vo­ri­ge eeu deur die regs­ge­sin­des in Duits­land vir “va­ter­land­s­lo­se Ge­sel­len” uit­ge­skel is.

Hier­die teen­stel­ling is nie net ’n grow­we oor­ver­een­vou­di­ging nie, maar is ska­de­lik vir die be­trok­ke sa­me­le­wings, soos die hui­di­ge ver­de­lings in die VSA en B­rit­tan­je toon. Ook die op­val­len­de in­ter­na­si­o­na­le ver­swak­king van dié moond­he­de kan hier­aan toe­ge­skryf word.

On­ge­luk­kig be­staan hier­die sie­ning ook in ons A­fri­kaans­spre­ken­de ge­meen­skap. E­ti­ket­te soos taal­bul­le en hens­op­pers, selfs ver­kramp­tes en ver­lig­tes, word steeds rond­ge­gooi. Dit is niks nuuts nie en gaan in baie ge­val­le te­rug na ou ver­de­lings. Nie­te­min sou ’n mens ge­hoop het dat die werk­lik­he­de van Suid-A­fri­ka ná 1994 sul­ke val­se

Een ding is dui­de­lik: veel­ta­lig­heid is die toe­koms en en­kel­ta­lig­heid die ver­le­de. As lid van ’n veel gro­ter taal­fa­mi­lie is A­fri­kaans veel ster­ker as Iers of Wal­lies.

teen­stel­lings sou laat ver­vaag het.

A­fri­kaans is nie ’n sek­ta­rie­se klein taal­tjie wat sy spre­kers in­perk en an­der men­se uit­sluit nie, al is dít die beeld wat se­dert 1994 uit ver­al o­wer­heids­krin­ge deur­ge­gee word. A­fri­kaans­spre­ken­des is die in­klu­sief­ste taal­ge­meen­skap in ons land (al wou ook som­mi­ge van sy spre­kers dit lank nie toe­gee nie). En A­fri­kaans be­perk nie, maar maak deu­re oop.

Weens die oor­heer­sen­de rol van (sleg­te) En­gels in ons mas­sa­me­dia en o­pen­ba­re le­we be­sef tal­le A­fri­kaans­spre­ken­des nie hoe ’n groot stra­te­gie­se voor­deel hul­le bo een­ta­li­ge En­gels­spre­ken­des ge­niet nie. Hier­die on­kun­de is on­ge­luk­kig die af­ge­lo­pe se­ker 50 jaar ver­sterk deur die ma­nier waar­op A­fri­kaans in ons sko­le aan­ge­bied is.

Na­tuur­lik is dit ’n ge­nu­an­seer­de si­tu­a­sie. En­gels is tans die on­be­stre­de in­ter­na­si­o­na­le na­tuur­we­ten­skap­li­ke taal, soos La­tyn dit baie eeue lank was, en Frans en kort­ston­dig Duits dit vroe­ër was. Oor twee eeue ska­kel teg­no­lo­gie dié rol dalk heel­te­mal uit. Op die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog tree an­der ta­le tans sterk na vo­re, en B­rex­it gaan die Eu­ro­pe­se rol van En­gels be­slis ver­swak. Een ding is eg­ter, on­danks ons on­kun­de oor die toe­koms, vir my dui­de­lik: veel­ta­lig­heid is die toe­koms en en­kel­ta­lig­heid die ver­le­de.

As lid van ’n veel gro­ter taal­fa­mi­lie is A­fri­kaans veel ster­ker as Iers of Wal­lies. Van­weë sy ve­le spre­kers is A­fri­kaans be­lang­ri­ker as Deens of Noors. Al hier­die ta­le moet hul­le tans teen­oor ver­al En­gels po­si­si­o­neer en ons kan nog­al uit hul er­va­rings by hul u­ni­ver­si­tei­te leer. Maar, soos A­fri­kaans, bied hul­le toe­gang tot an­der denk­wê­rel­de, an­der be­na­de­rings, an­der er­va­rings as A­me­ri­kaan­se En­gels.

Hier­die toe­gang tot ’n bre­ër wê­reld het ve­le A­fri­kaans­spre­ken­des oor die eeue be­slis­send ge­help. Chris­tof­fel Brand, Kaap­se regs­ge­leer­de en po­li­ti­kus, het in 1820 op ’n dok­to­ra­le proef­skrif in La­tyn aan die Leid­se U­ni­ver­si­teit ge­pro­mo­veer. Hy was nie die eer­ste of laas­te Ka­pe­naar wat dit doen nie. Hen­drik van Eck, Hen­drik van der Bi­jl, Jan S­muts en An­ton Ru­pert kon Suid-A­fri­ka en selfs die wê­reld ver­an­der dank­sy hul A­fri­kaans, nie ten spy­te van A­fri­kaans nie. Die­self­de geld op hul ter­rei­ne ’n B­rey­ten B­rey­ten­bach, Mar­le­ne Du­mas en Mag­gie Laub­ser.

Daar­om het die keur­ko­mi­tee vir die Jan H. Marais-prys be­sluit om te vol­staan met die hui­di­ge kri­te­ria, al be­te­ken dit dat ont­van­gers uit die ge­le­de­re van na­tuur­we­ten­skap­li­kes nie vol­op sal wees nie. Ook dank­sy A­fri­kaans se in­ter­na­si­o­na­le tref­wyd­te weet ons dat die poel van bui­ten­ge­wo­ne pres­teer­ders in A­fri­kaans groot ge­noeg is en sal bly, soos van­jaar se ont­van­gers on­teen­seg­lik be­wys. Wan­neer u iets van elk­een van hul­le se pres­ta­sies ge­hoor het, sal u ver­staan waar­om die keur­ko­mi­tee nie tus­sen hul­le kon kies nie.

Na­dat die prys in 2016 toe­ge­ken is aan ’n S­tel­len­bos­ser, prof. Her­mann Gi­li­o­mee, gaan dit van­jaar aan twee a­ka­de­mi­ci uit die noor­de; een wat hom selfs in die Noor­de­li­ke Half­rond ge­ves­tig het.

Jaap S­teyn is ’n Vry­sta­ter in murg en been. Sy ken­nis en er­va­ring het hy aan die des­tyd­se Ge­meen­te­li­j­ke U­ni­ver­si­teit van Am­ster­dam uit­ge­brei voor­dat hy sy dok­tors­graad aan die U­ni­ver­si­teit van Port E­li­za­beth be­haal het. Ná ’n be­gin as joer­na­lis word hy in 1975 fi­naal ’n a­ka­de­mi­kus, van 1985 af as pro­fes­sor aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat. Ook ná sy uit­tre­de met pen­si­oen in 1997 gaan prof. S­teyn voort as ge­sie­ne na­vor­ser op die ge­bied van die kul­tuur­ge­skie­de­nis, taal­so­si­o­lo­gie en taal­we­ten­skap, met be­son­de­re ver­wy­sing na A­fri­kaans.

Vir sy werk het prof. S­teyn reeds tal­le toe­ken­nings ont­vang, on­der meer die Eugè­ne Ma­rais­prys, ’n S­tals­prys en die N.P. van Wyk Lou­w­me­dal­je. Hy het hon­der­de pu­bli­ka­sies op sy kerf­stok, maar sy in­ter­na­si­o­na­le aan­sien as taal­his­to­ri­kus be­rus ver­al op twee boe­ke: Tuis­te in eie taal van 1980 en Ons gaan ’n taal maak van 2014.

Jan van der Watt kom van die Rand. Hy het sy ho­ër on­der­wys ont­vang aan die U­ni­ver­si­teit van Port E­li­za­beth en daar­na aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) waar hy in 1986 sy eer­ste dok­tors­graad in te­o­lo­gie en in 1999 ’n ver­de­re een in G­rieks ver­werf het. Hy word in 1980 ’n do­sent aan die Fort Ha­re-U­ni­ver­si­teit in die Oos-Kaap, waar­van­daan hy ses jaar la­ter as pro­fes­sor na die UP te­rug­keer. In 2009 aan­vaar hy ’n pro­fes­so­raat in Nu­we Te­sta­ment aan die Rad­bou­dU­ni­ver­si­teit in Ni­j­me­gen, Ne­der­land. Hy be­hou eg­ter sy Suid-A­fri­kaan­se band as bui­ten­ge­wo­ne pro­fes­sor in Pot­chef­stroom, P­re­to­ria en aan U­ni­sa.

Jan van der Watt is wê­reld­wyd be­kend op sy vak­ge­bied met deel­tyd­se en ere-aan­stel­lings aan ve­le a­ka­de­mie­se in­stel­lings in A­me­ri­ka, A­sië en Eu­ro­pa. Hy het be­son­de­re ban­de met Duits­land en Rus­land. Hy speel ook ’n be­lang­ri­ke rol in in­ter­na­si­o­na­le vak­kun­di­ge ver­e­ni­gings. In sy tal­le wer­ke, waar­on­der meer as 30 boe­ke en baie pu­bli­ka­sies in A­fri­kaans is, kom ook die e­ku­me­ne sterk na vo­re. Dit is ge­pas aan ’n in­stel­ling wat in 1923 as die Ka­to­lie­ke U­ni­ver­si­teit Ni­j­me­gen ge­stig is.

Ek wil Chris­tof­fel Brand se seun, die Vry­staat­se pre­si­dent Jan Brand, ten slot­te aan­haal en ons twee be­kroon­des van van­aand as voor­beel­de aan­haal: Al­les sal reg kom as elk­een sy plig doen. Hul­le het meer as hul plig ge­doen. En ver­dien daar­om ons er­ken­ning en die Jan H. Ma­rais­prys vir 2017. ) Hier­die is ’n ge­re­di­geer­de weer­ga­we van die toe­spraak wat Van Wyk gis­ter­aand ge­le­wer het.

Fo­to: CHARLES SMITH

Prof. Jaap S­teyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.