Mid­del­blad

Do­we oor vir dié wat al­tyd oor al­les skree

Beeld - - Wêreld­beeld -

My ou­ma het ge­sê le­dig­heid is die dui­wel se oor­kus­sing. Jy sien dit van­dag in Suid-A­fri­ka. Wan­neer men­se nie ’n po­si­tie­we by­drae le­wer nie, loop hul­le vir kwaad­geld rond en pla men­se wat wil werk of ’n ver­skil pro­beer maak.

Of hul­le sit voor hul re­ke­naars en “laat hul stem­me hoor” op so­si­a­le me­dia en ver­al in­ter­net­fo­rums.

Ons het ja­re ge­le­de ’n buur­vrou ge­had wat oor let­ter­lik al­les op haar kin­ders ge­skree het. Aan­vank­lik het ek haar kin­ders jam­mer ge­kry, maar ek het gou be­sef ek is ver­niet be­kom­merd, hul­le hoor haar lank­al nie meer nie. Hul­le het ge­leer om af te ska­kel. As sy be­gin skree, won­der hul­le wat op te­le­vi­sie is.

Dis wat ge­beur as ie­mand oor let­ter­lik al­les te ke­re gaan. Jy raak doof. Jy ska­kel af.

Daar is iets in ons psi­ge wat ons pro­beer be­skerm teen his­te­rie­se skril stem­me­tjies – ’n soort trip switch.

Met­ter­tyd het ons en die an­der bu­re ook ge­woond be­gin raak aan die buur­vrou se ge­skree.

My he­mel, tan­nie, het ek op ’n dag ge­dink, wat gaan jy doen as daar een­dag reg­tig ’n groot kri­sis is? Gaan ie­mand jou hoor? Jy skree dan oor al­les.

Ek wil nou nie ie­mand se stok­perd­jie be­le­dig nie, maar ek kry daai self­de ge­voel dees­dae as ek die kom­men­taar lees on­der­aan ar­ti­kels op Net­werk24, Ma­roe­la Me­dia en an­der Suid-A­fri­kaan­se di­gi­ta­le nuus­pu­bli­ka­sies – en op so­si­a­le me­dia.

Nie al­mal nie, maar daar is op el­ke forum ten min­ste ’n paar eks­pert-gal­bra­kers. En dis as­of die groep gro­ter word.

Daar word gal ge­braak oor let­ter­lik al­les, of dit nou ’n ar­ti­kel is oor die po­li­sie­hond wat uit ’n sloot ge­red is of kri­tiek op ras­sis­me in die sus­ter­ker­ke.

Al waar­oor hul­le saam­stem, is wan­neer Zu­ma ge­kri­ti­seer word – en ook net as hy erg ge­noeg ge­kri­ti­seer word.

Min van hier­die ge­sprek­ke kan deur­gaan as kon­struk­tie­we de­bat­voe­ring of oop ge­sprek­ke. Die mees­te van hier­die men­se, blyk dit, wil nie in ge­sprek tree nie, hul­le wil mo­an. Soos my buur­vrou wil hul­le ook net bie­tjie skree.

Mis­kien om­dat hul­le toe­ne­mend uit voel, voel dat hul­le nie ’n stem het in hier­die land nie?

Die pro­bleem is dat as jy oor let­ter­lik al­les te ke­re gaan, men­se al hoe min­der na jou luis­ter – be­hal­we jou me­de­gal­bra­kers.

In Fi­lip­pen­se 4:8 skryf Pau­lus aan ’n groe­pie Chris­te­ne en mo­ti­veer hul­le om te bly fo­kus op die goeie, ver­al in don­ker tye.

Ons mag kri­ties wees, maar so­lank ons net die mooi ook kan raak­sien.

Men­se wat die goeie en die mooi in die le­we raak­sien, word uit­ein­de­lik erns­tig op­ge­neem wan­neer hul­le die dag ont­steld raak oor din­ge wat nie reg is nie.

’n Mens sou be­kom­merd kon wees oor my buur­vrou se kin­ders, hul­le was nie en­gel­tjies nie, maar ek dink die een wat eint­lik hulp no­dig ge­had het – so­dat dit met al­mal in die stel­sel be­ter kon gaan – is my buur­vrou self.

Sy is vas­ge­vang in ’n bo­se kring­loop van har­der skree en min­der ge­hoor word (en dit lyk nie as­of dit haar ge­luk­kig maak nie).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.