On­ver­wag­se bo­nus­pry­se in Can­nes­oes

Beeld - - Wêreld­beeld - El­re­tha B­ritz Jo­a­quin P­hoe­nix (bes­te ak­teur) en E­ka­te­ri­na Sams­o­nov in You We­re Ne­ver Re­al­ly He­re. Va­rie­ty

’n On­kon­ven­si­o­ne­le wen­ner en ’n paar on­ver­wag­se bo­nus­pry­se het Son­dag die 70ste Can­nes­rol­prent­fees in Frank­ryk af­ge­sluit.

Die Pal­me d’Or (Goue Palm) is van­jaar toe­ge­ken aan die sa­ti­re The S­qua­re deur die S­weed­se re­gis­seur Ru­ben Öst­lund wat ge­waag het om as­pek­te soos kon­sep­tu­e­le en per­for­man­ce-kuns die rol­prentsfeer in te bring.

The S­qua­re han­del oor ’n def­ti­ge mu­seum­ku­ra­tor wat bui­te sy ge­mak­so­ne moet be­weeg wan­neer ’n sak­ke­rol­ler hom be­steel.

Van die bo­nus­pry­se sluit in ’n spe­si­a­le toe­ken­ning aan Ni­co­le Kid­man wat in vier pro­jek­te in van­jaar se amp­te­li­ke keu­se ver­skyn en ’n ge­lyk­op-toe­ken­ning aan twee draai­boe­ke.

Die twee­de be­lang­rik­ste prys, die Grand P­rix, is ge­wen deur 120 bat­te­ments par mi­nu­te, waar­in die re­gis­seur Ro­bin Cam­pil­lo die kol­lig laat val op far­ma­seu­tie­se maat­skap­pye, po­li­ti­ci en bu­ro­kra­tie­se in­stan­sies se sta­di­ge re­ak­sie op die vigs­slag­ting in die 1990’s.

So­fia Cop­po­la het die re­gie­prys ont­vang vir The Beg­ui­led, ’n vars ver­wer­king van T­ho­mas Cul­li­nan se ver­haal oor die A­me­ri­kaan­se bur­ger­oor­log waar­in die klem op vroue val. Die be­oor­de­laars het eg­ter ge­kla oor die te­kort aan flieks waar­in vroue oor an­der on­der­wer­pe as mans praat.

Die Duit­se ak­tri­se Di­a­ne Kru­ger se krag­toer in Fa­tih A­kin se rol­prent In the Fa­de het haar die prys vir bes­te ak­tri­se be­sorg.

Jo­a­quin P­hoe­nix was uit die veld ge­slaan toe sy naam uit­ge­roep is om die prys vir bes­te ak­teur te ont­vang. In You We­re Ne­ver Re­al­ly He­re het hy hom in ’n af­ge­ta­kel­de oor­logs­ve­te­raan ge­trans­for­meer wat ’n mens liefs nie wil te­ë­kom nie.

Dié fliek het die prys vir bes­te draai­boek ge­deel met The Kil­ling of a Sa­cred Deer, waar­in Kid­man te sien is.

Lo­ve­less deur die Rus­sie­se re­gis­seur And­rey Z­vy­a­gint­sev het die ju­rie­prys ont­vang. Z­vy­a­gint­sev ge­bruik die soek­tog na ’n ver­mis­te kind om al­les wat “ver­rot” is in die he­den­daag­se Rus­land aan die groot klok te hang.

Die vol­le­di­ge lys wen­ners lyk só:

) Pal­me d’Or: The S­qua­re ) Grand P­rix: 120 bat­te­ments par mi­nu­te ) Ju­rie­prys: Lo­ve­less ) 70ste-vie­rings­prys: Ni­co­le Kid­man ) Bes­te re­gis­seur: So­fia Cop­po­la vir The Beg­ui­led. ) Bes­te ak­tri­se: Di­a­ne Kru­ger in In the Fa­de. ) Bes­te ak­teur: Jo­a­quin P­hoe­nix in You We­re Ne­ver Re­al­ly He­re. ) Bes­te draai­boek: Yor­gos Lan­thi­mos en Eft­hy­mis Fi­lip­pou vir The Kil­ling of a Sa­cred Deer; en Lyn­ne Ram­say vir You We­re Ne­ver Re­al­ly He­re. ) Ca­me­ra d’Or (bes­te de­buut­prent): Léo­nor Ser­rail­le vir Jeu­ne Fem­me. ) Kort­fliek: A Gent­le Nig­ht van Qiu Yang.

Fo­to: IMDBPRO

Cla­es Bang as Chris­ti­an die mu­seum­ku­ra­tor in The S­qua­re.

Fo­to: GETTY IMAGES

Di­a­ne Kru­ger (bes­te ak­tri­se) met haar prys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.