Tex­as se jong­ste al­bum spran­ke­lend

Beeld - - Wêreld­beeld - Ko­bus Burger

Dat die S­kot­se groep Tex­as sy naam te dan­ke het aan die Wim Wen­ders-fliek Pa­ris, Tex­as was reeds 31 jaar ge­le­de ’n aan­dui­ding dat hul­le nie in ’n see van voor­spel­baar­heid gaan rond­dob­ber nie.

Iro­nies is dat hul­le soms (mees­al) vir hul de­buut­tref­fer “I Don’t Want a Lo­ver” uit 1989 ont­hou word, ter­wyl hul­le met top­ver­ko­per­al­bums soos W­hi­te on Blon­de en The Hush hul­le uit die dwang­baad­jie van pop­for­mu­les ge­wik­kel het.

W­hi­te on Blon­de, wat van­jaar 20 jaar oud is, was ’n Mo­town-ge­ïn­spi­reer­de al­bum wat die hoof­san­ger S­har­leen S­pi­te­ri se vo­ka­le vir­tu­o­si­teit na splin­ter­nu­we hoog­tes ge­voer het. ’n Loop­baan­hoog­te­punt.

S­pi­te­ri, wat ook al in­tus­sen ’n so­lo­loop­baan met on­der meer die al­bum Me­lo­dy ge­had het, word be­stem­pel as een van die goue vrou­e­stem­me naas S­te­vie Nicks, Deb­bie Har­ry en Chris­sie Hyn­de.

Die Glas­gow-groep se ne­gen­de al­bum, Jump on Bo­ard, volg op hul groot­ste­tref­fers­ver­sa­me­ling ( Tex­as 25) en The Con­ver­sa­ti­on van 2013.

Die al­bum se o­pe­ning­snit, “Let’s Work It Out”, is ’n smeu­len­de dis­ko­ver­ras­sing wat uit die staan­spoor die voe­te laat jeuk.

Dit klink as­of S­pi­te­ri al voor­heen vir die I­ta­li­aan­se dis­ko­p­ro­duk­sie­lei­er Gi­or­gio Moro­der ge­sing het en dis­ko­klan­ke nog al­tyd deel van hul klank­ar­se­naal was.

Net daar­na volg “Can’t Con­t­rol” met sy spook­ag­ti­ge La­na Del Rey-eg­go; son­der om in ’n ge­yk­te kloon­klank te ver­drink.

Die aan­han­gers van hul ki­taar­ge­dre­we pop­rock hoef nie be­kom­merd te wees nie.

Die kort­spe­ler “Tell T­hat Gi­rl” het ge­noeg woe­ma om ’n kon­sert­guns­te­ling te word met knet­te­ren­de ki­taar­spel en ’n saam­sing­koor wat die luis­te­raar te­rug­neem na Tex­as se be­gin­ja­re.

Ook “G­re­at Ro­man­ces” steun swaar op die ki­ta­re en trom­me wat dit ver­der van W­hi­te on Blon­de se in­tiem­ste soul-mo­men­te plaas.

“It Was up to You” het ook ’n dis­ko­geur­tjie en plaas S­pi­te­ri se flu­weel­stem in die voor­grond.

Daar is geen twy­fel dat S­pi­te­ri hier van die bes­te sang van haar loop­baan le­wer nie en die fyn spel tus­sen lig en don­ker ten bes­te be­nut.

Die mees­te van die tien lied­jies spran­kel met moei­te­vrye me­lo­dieë wat mees­al rond­om drie mi­nu­te – die leng­te van die per­fek­te pop­lied­jie – gaan draai. ’n Mens hoor ’n groep wat sy bes le­wer son­der om op e­ni­ge vul­lers staat te maak. S­pi­te­ri sing im­mers: “die le­we is te kort om nie sa­ke uit te stryk nie . . . ”

Bui­ten die kort­ston­di­ge dis­ko-op­flik­ke­ring is daar nie veel eks­pe­ri­men­te­ring nie.

Dis ’n saam­ry-al­bum wat vir 37 mi­nu­te die luis­te­raar se aan­dag be­hou, ter­wyl S­pi­te­ri kweel, kog­gel en met ’n heu­ning­be­drup­te ko­nink­lik­heid ver­lei.

Jump on Bo­ard is een vir her­luis­ter. Ver­ve­ling is nie hier in­ge­sluit nie. Moet niks aard­skud­dends nuuts ver­wag nie. Net Tex­as wat son­der pron­ke­rig­heid sy e­klek­tie­se aan­slag tot ge­hal­te-pop­mu­siek ten bes­te ten toon stel.

Goeie nuus is dat die S­kot­te in De­sem­ber in Kaap­stad en Jo­han­nes­burg gaan op­tree.

Kort op die hak­ke van so ’n puik al­bum be­loof dit om een van van­jaar se moet-sien-kon­ser­te te wees.

Daar is geen twy­fel nie dat S­pi­te­ri hier van die bes­te sang van haar loop­baan le­wer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.