BMW heel­week ge­sluit weens te­kort aan on­der­de­le

Beeld - - Sake - – Nel­lie Brand­Jon­ker

Pro­duk­sie is vir die he­le week by die mo­tor­maat­skap­py BMW se Ross­lyn­aan­leg ge­staak.

Die­de­rik Reits­ma, hoof van kom­mu­ni­ka­sie, sê pro­duk­sie is Maan­dag by die fa­briek ge­staak en dit sal voor­lo­pig tot Vry­dag voort­duur.

So­wat 200 BMW­3­reeks­mo­tors word ge­mid­deld per dag by die aan­leg na­by P­re­to­ria ver­vaar­dig.

Reits­ma het be­ves­tig die pro­duk­sie­stil­stand hou ver­band met Bosch wat nie aan hul­le on­der­de­le vir hul stuur­toe­stel­le ver­skaf het nie. Dis ’n wê­reld­wye pro­bleem en pro­duk­sie is ook by an­der aan­leg­te in Duits­land en C­hi­na on­der­breek.

Dit geld spe­si­fiek die BMW se 1tot 4­reeks. Die BMW­3­reeks word in Ross­lyn ver­vaar­dig.

“Dit het niks te doen met die land of die spe­si­fie­ke aan­leg nie.”

Reits­ma sê hul­le glo dat ’n be­lang­ri­ke ver­skaf­fer soos Bosch bin­ne­kort ’n op­los­sing vir die pro­bleem gaan hê. “Dit is ’n taam­lik groot ont­wrig­ting vir BMW en ons pro­beer al­les in ons ver­moë om die mi­ni­mum e­ko­no­mie­se ska­de te ly.”

Hy kon nie kom­men­taar le­wer op pre­sies wat die pro­bleem by Bosch is nie.

Fi­nan­ci­al Ti­mes be­rig dui­sen­de mo­tors kon weens die pro­ble­me nie ge­bou word nie. BMW ver­wag Bosch sal hom vir die ska­de ver­goed. So­wat 17 500 een­he­de word el­ke week ge­bou, sê Chris­ti­an Lud­wig, ont­le­der van Bank­haus Lam­pe in D­üs­sel­dorf.

“As die sy­fers nie in die kwar­taal in­ge­haal kan word nie, gaan die im­pak € 400 mil­joen tot € 500 mil­joen per week wees,” het hy aan FT ge­sê.

Marc­René Tonn, ont­le­der van War­burg Re­se­arch in Ham­burg, raam dat ’n week van geen pro­duk­sie van die 1­ tot 4­reeks die in­kom­ste met € 550 mil­joen ver­min­der – plus e­ni­ge ver­lies wat uit die ge­sa­ment­li­ke on­der­ne­ming van BMW uit C­hi­na kom.

Bosch het aan die koe­rant ge­sê die pro­ble­me kom van ’n ver­skaf­fer aan hom in I­ta­lië.

So­wat 2 000 men­se werk in die Ross­lyn­aan­leg. Geen deel van pro­duk­sie kan tans plaas­vind nie, so al­mal word ge­raak.

Reits­ma sê dat dit nie werk­ne­mers se sa­la­ris­se gaan raak nie om­dat die fa­briek die buig­saam­heid in­ge­bou het om steeds sa­la­ris­se te kan be­taal as pro­duk­sie nie plaas­vind nie. Die pro­duk­sie sal in­ge­haal word. “Dit raak ook nie­mand se werk­se­ker­heid nie,” sê hy.

Hy kon nie be­ves­tig dat die pro­duk­sie wel ná Vry­dag her­vat gaan word nie. “Maar die hui­di­ge in­lig­ting is dat dit dan sal kan voort­gaan.”

Reits­ma het be­klem­toon dat BMW tot Suid­A­fri­ka ver­bind is en be­sig is om vir die toe­koms uit te brei.

Die BMW­3­reeks word in Ross­lyn ver­vaar­dig, maar pro­duk­sie is tans ge­staak weens ’n te­kort aan Boschon­der­de­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.