Mr P­ri­ce­wins daal ná 16 jaar

Beeld - - Sakenuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die po­li­tie­ke on­stui­mig­heid in Suid-A­fri­ka het daar­toe by­ge­dra dat die Mr P­ri­ce-groep se wins vir die eer­ste keer in 16 jaar ge­daal het.

Dit was 14% la­er in die boek­jaar tot 2 A­pril.

Mr P­ri­ce is die der­de win­kel­groep in ’n week wat swak ver­brui­kers­ver­troue aan die po­li­tie­ke si­tu­a­sie in die land toe­skryf.

S­tu­art Bi­rd, uit­voe­ren­de hoof, skryf dit ook toe aan die baie moei­li­ke han­dels­om­stan­dig­he­de in die boek­jaar.

Die Mr P­ri­ce-groep se aan­deel­prys het nie­teen­staan­de gis­ter­og­gend in ’n sta­di­um met so­wat 5% ge­styg.

Vol­gens Cas­pa­rus T­reur­nicht, ’n ont­le­der by Gryphon Ba­te­be­stuur, het die aan­deel­prys ge­styg om­dat die be­stuur die di­vi­dend kon­stant op R6,67 per aan­deel ge­hou het.

Bi­rd sê die jaar­lik­se di- vi­dend het die af­ge­lo­pe 31 jaar nie een keer ge­daal nie.

Die di­vi­dend­be­ta­ling kon ge­hand­haaf word om­dat die maat­skap­py se kon­tant skerp toe­ge­neem het.

“Die maat­skap­py se sa­ke­mo­del, wat op kon­tant ge­grond is, stel ons in staat om die di­vi­dend­be­ta­ling vol te hou,” sê Bi­rd.

Mr P­ri­ce se in­kom­ste uit klein­han­del het in ver­ge­lyk­ba­re win­kels – dus win­kels wat ook in die vo­ri­ge boek­jaar oop was – met 3,6% ge­daal.

Die ge­tal pro­duk­te wat ver­koop is, het met 10,7% ge­daal.

Bi­rd sê die klein­han­del­mark het me­de­din­gen­der ge­word en om ver­ko­pe te laat groei in die suk­ke­len­de mark, moes mark­aan­deel ver­hoog word.

“Dit het daar­toe ge­lei dat win­kel­groe­pe in ons sek­tor hul pro­mo­sies ver­meer­der het om ver­ko­pe aan te spoor en voor­raad- vlak­ke te be­stuur.”

Groot prys­ver­la­gings in die groep se kle­re­win­kels het ge­volg, wat tot ’n da­ling in dié win­kels se be­dryfs­wins ge­lei het.

Vol­gens Bi­rd is die ver­ko­pe in die nu­we boek­jaar be­moe­di­gend vir MRP Ap­pa­rel en Mi­la­dys.

Die twee se ge­sa­ment­li­ke ver­ko­pe het in die eer­ste agt we­ke van die boek­jaar met 10% ge­styg.

Bi­rd sê die ver­brui­kers­om­ge­wing sal stel­sel­ma­tig ver­be­ter.

“Ons moet daar­om fo­kus op die bes­te ge­leent­heid in die na­bye toe­koms vir ’n ver­be­te­ring, en dit is om mark­aan­deel te­rug te kry.”

T­reur­nicht sê: “Dit be­gin ook vir my lyk of die Mr P­ri­ce-groep se blap­se van ver­le­de jaar om­ge­keer word en dat hy van die mark­aan­deel wat ver­lo­re ge­gaan het, nou wil te­rug­wen.”

Hy meen die aan­deel­prys het die wins­da­ling reeds ver­dis­kon­teer.

Die warm win­ter van 2016, wat kle­re­han­de­laars ge­noop het om wins­ko­pies aan te bied om van win­ter­voor­raad ont­slae te raak, het on­der meer die Mr P­ri­ce­groep on­kant be­trap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.