Druk ver­hoog op fir­mas oor skuld­plig­te

Beeld - - Sakenuus - Vi­da Booy­sen

Die hoop op e­ko­no­mie­se her­stel van­jaar het ver­vaag en daar­mee neem die druk op Suid-A­fri­kaan­se on­der­ne­mings weens hul skuld­ver­plig­tin­ge toe.

Ex­pe­ri­an se sa­ke­skul­din­deks vir die eer­ste kwar­taal van­jaar het selfs ef­fens ver­sleg van die vier­de kwar­taal ver­le­de jaar – en die voor­uit­sig is nie goed dat dié in­deks van­jaar weer po­si­tief sou draai nie.

Die eer­ste kwar­taal­lik­se me­ting van on­der­ne­mings se ver­moë om hul kre­di­teu­re en ver­skaf­fers be­tyds te be­taal, toon ag­ter­uit­gang van die vo­ri­ge kwar­taal se in­deks­punt van -0.069 tot -0.081.

Die af­swaai in sa­ke­ver­troue, te­sa­me met al­ge­me­ne angs­tig­heid oor po­li­tie­ke woe­lin­ge, het met die ka­bi­net­s­kom­me­ling aan die ein­de van Maart ’n hoog­te­punt be­reik, sê Simon Rus­sell, be­stu­ren­de di­rek­teur van Ex­pe­ri­an Suid-A­fri­ka. “Die daar­op­vol­gen­de kre­die­taf­gra­de­rings het net ver­de­re ska­de aan sa­ke­ver­troue aan­ge­rig.”

Die ver­swak­king van die in­deks weer­spie­ël vol­gens Rus­sel ook ’n ef­fen­se da­ling in sa­ke­ge­sond­heid. “On­der­ne­mings moet nou teen lae groei waak.”

Die sy­waart­se be­we­ging van die in­deks dui daar­op dat baie maat­skap­pye bin­ne die la­e­groei­om­ge­wing kon­ser­wa­tie­we be­slui­te neem. “Hul­le ver­kies om se­ker te maak dat die ba­lans­staat so­lied is, eer­der as om uit­brei­dings of nu­we on­der­ne­mings te be­gin,” sê Rus­sell.

Dit is hier­die ver­sig­ti­ge be­na­de­ring wat ’n erns­ti­ge ver­sleg- ting in die vlak­ke van sa­ke­skuld ge­keer het.

“Maar ter­self­der­tyd ry dié kon­ser­wa­tis­me ook e­ni­ge kan­se op ver­be­te­ring in die wie­le.”

Die ge­mid­del­de ge­tal dae wat dit neem om skuld te be­taal, het in die eer­ste kwar­taal van­jaar tot 48,7 dae ver­meer­der na­dat dit in die vier­de kwar­taal ver­le­de jaar op 46,4 dae te staan ge­kom het. Die sty­ging is eg­ter deels aan sei­soe­na­le fak­to­re te wy­te.

Die ver­hou­ding van skuld wat 90 dae ag­ter­stal­lig is teen­oor skuld wat 60 dae ag­ter­stal­lig is, het in die kwar­taal ge­styg.

Rus­sel sê dit dui daar­op dat on­der­ne­mings nie e­ni­ge nu­we skuld aan­gaan nie en eer­der be­staan­de skuld af­be­taal.

Land­bou het in die eer­ste kwar­taal ’n merk­ba­re sty­ging in sy sa­ke­skul­din­deks ge­toon, ver­al dank­sy be­ter weers­toe­stan­de.

Die ver­be­te­ring in in­ter­na­si­o­na­le hulp­bron­pry­se en myn­pro­duk­sie in dié kwar­taal het ook die myn­we­se ’n hup­stoot ge­gee.

In teen­stel­ling hier­mee het klein­han­del in die eer­ste kwar­taal klip­pe ge­kou.

“Die klein­han­de­lin­deks se skerp af­na­me dui daar­op dat ’n moei­li­ke han­dels­om­ge­wing nou ’n im­pak be­gin hê.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.