Kan­nie­dood­Leeus laat Rooi Weer­mag jil

Beeld - - Sakenuus - Chris­to Bu­ch­ner

Vir ’n be­ter ge­tuig­skrif van hoe die Leeus hul rug­by speel, kan jy nie vra as hul agt­ste en laas­te drie wat Son­dag ge­druk is in die Su­per­wed­stryd teen die Kings op El­lis­park nie.

Die tel­ling was 47-10 en die si­re­ne het reeds ge­loei met die 80ste mi­nuut wat aan­ge­breek het.

Die Kings het sterk aan­ge­val, maar be­sit na­by die Leeus se doel­lyn ver­loor.

Die mees­te span­ne sou ge­sê het ge­noeg is ge­noeg en die bal net uit­ge­skop het om die wed­stryd te be­ëin­dig. Nie die Leeus nie. Vir hul­le was die be­sit wat hul kant toe ge­kom het, nóg ’n ge­leent­heid om te doen wat hul­le die graag­ste doen: Met die bal hard­loop en drieë druk.

Die bal is wyd ge­speel en An­dries Coet­zee het deur­ge­breek en ver ge­hard­loop om die vyf­tig­tal te laat ver­skyn en die “Rooi Weer­mag” daar in die pa­vil­joe­ne vir ou­laas iets te gee om oor te jil van die ple­sier.

“Dit ver­tel jou van die ka­rak­ter van die span,” het Jo­han Ac- ker­mann, die af­rig­ter, oor hier­die be­na­de­ring van sy s­pe­lers ver­tel.

“Ons is nie ’n span wat net speel om tro­feë te wen nie. Vir ons is dit be­lang­ri­ker om drieë te druk en ons on­der­steu­ners te­vre­de te stel met ons spel.

“Dit is hoe ons die spel be­na­der en hoe ons wil speel. Daar­om is dit by die s­pe­lers nie ’n op­sie om som­mer net uit te skop en in die kleed­ka­mer in te ver­dwyn nie.

“Daar was ’n kans om aan te val en dit móés net be­nut word. Dat dit reg uit­ge­werk het en in ’n drie ge­ëin­dig het, is ’n bo­nus. Dit was baie be­vre­di­gend om ons on­der­steu­ners nóg ’n slag uit hul stoe­le te kry.

“Dit is ’n ma­nier hoe ons vir hul­le dan­kie wil sê dat hul­le op ’n koue win­ters­mid­dag die moei­te ge­doen het om sta­di­on toe te kom en ons te sien speel.

“Ek glo nie jy moet dit as van­self­spre­kend aan­vaar dat men­se som­mer moet kom kyk na die wed­stry­de nie. Jy moet die soort spel le­wer om hul­le daar­heen te lok en dit is hoe ons ons rug­by speel.

“Baie men­se of­fer heel­wat op om by die sta­di­on te kom en daar­om is dit ons ver­ant­woor­de­lik­heid om met ons spel hul­le te be­loon vir daar­die op­of­fe­ring,” sê Ac­ker­mann.

Fo­to: GALLO IMAGES

An­dries Coet­zee het die Leeus se laas­te drie teen die Kings op El­lis­park ge­druk na­dat die si­re­ne reeds ge­loei het en die tuis­span van­af hul eie doel­lyn be­gin hard­loop het.

Jo­han Ac­ker­mann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.