Su­per­rug­by en Cur­rie­be­ker oor­vleu­el, maar u­nies steun dit

Beeld - - Sakenuus - – Ge­or­ge Ger­mis­huys

Suid­A­fri­kaan­se rug­by­lief­heb­bers kan hul­le staal vir ’n Cur­rie­be­ker­reeks wat as ge­volg van die fran­chi­ses se be­slui­te in die raad­saal ’n nog meer ver­wa­ter­de be­gin as vo­ri­ge ja­re sal hê.

Vol­gens die Suid­A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) se be­pa­lings vir die res van die 2017­sei­soen sal die eer­ste wed­stry­de van die Cur­rie­be­ker se P­re­mier­liga met Su­per­rug­by­wed­stry­de bots. Die Cur­rie­be­ker­kom­pe­ti­sie be­gin op 21 Ju­lie en die Su­per­rug­by­reeks se uit­speel­wed­stry­de be­gin op die­self­de dag. Die Su­per­eind­stryd is op 5 Au­gus­tus.

Dit be­te­ken die drie Suid­A­fri­kaan­se span­ne wat waar­skyn­lik in die uit­speel­wed­stry­de be­trok­ke sal wees, die Leeus, Haaie en S­tor­mers, sal met erg ver­swak­te span­ne aan die eer­ste twee wed­stry­de van van­jaar se Cur­rie­be­ker­reeks moet deel­neem.

As een van die span­ne tot die eind­stryd vor­der, sal hul bes­te s­pe­lers tot drie we­ke van die Cur­rie­be­ker­reeks mis­loop.

Dié toe­drag van sa­ke is nog ’n knou vir die pro­vin­si­a­le kom­pe­ti­sie, wat reeds ge­buk gaan on­der kwy­nen­de be­lang­stel­ling om­dat span­ne son­der hul S­pring­bok­ke deel­neem.

Tal­le van Suid­A­fri­ka se voor­ste s­pe­lers ver­kies om in die Cur­rie­be­ker­reeks kort­ter­myn­kon­trak­te in Ja­pan te sluit en dan weer in die nu­we sei­soen by hul fran­chi­ses in te val eer­der as om aan die ge­skied­kun­di­ge reeks deel te neem.

Van­jaar sal die reeks boon­op van 21 Ju­lie tot (moont­lik) 5 Au­gus­tus son­der die bes­te s­pe­lers moet klaar­kom wat ge­woon­lik wél in die Cur­rie­be­ker in ak­sie sou wees.

Dit lyk eg­ter of die u­nies in­ge­stem het dat Su­per­ en die Cur­rie­be­ker­rug­by ge­lyk­ty­dig moet ver­loop.

Vol­gens ’n Sa­ru­woord­voer­der was die u­nies self ver­ant­woor­de­lik vir die be­sluit.

Die bot­sen­de be­pa­lings is vol­gens Sa­ru on­af­wend­baar.

“Se­we span­ne speel in die P­re­mier­liga twee keer teen me­kaar, wat dit moei­lik sou maak om al die krag­me­tings in die be­staan­de ven­ster­tyd in te pas.

“Die fran­chi­se­ko­mi­tee het ver­kies om die be­gin van die reeks vo­ren­toe te skuif, al het dit be­te­ken daar is vir se­ke­re span­ne oor­vleu­e­ling met Su­per­rug­by se uit­speel­wed­stry­de. Dit is wens­li­ker as week­wed­stry­de.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.