Mur­ray mar­sjeer; jong Z­ver­ev strui­kel

Beeld - - Sakenuus - – Reu­ters

An­dy Mur­ray het gis­ter ’n po­ten­si­eel moei­li­ke eer­ste hek­kie oor­kom toe hy And­rey Ku­z­net­sov in die eer­ste ron­de van die Fran­se Ope-ten­nis­toer­nooi in Pa­rys ge­klop het.

Die eer­ste ge­keur­de het eg­ter vier stel­le no­dig ge­had teen die Rus.

Die tel­ling was 6-4, 4-6, 6-2, 6-0.

Sa­ke het seep­glad ver­loop in die eer­ste stel, wat 45 mi­nu­te ge­duur het. Die S­kot het daar­na eg­ter ’n in­sin­king be­leef. Hy het vier pot­te ag­ter­een­vol­gens ver­loor en sy teen­stan­der, wat nr. 73 in die wê­reld is, toe­ge­laat om dit een stel elk te maak.

Daar­na het die S­kot van rat ver­wis­sel en in die der­de en vier­de stel net twee pot­te af­ge­staan.

Mur­ray het tot dus­ver ’n on­merk­waar­di­ge jaar en het ver­le­de week ge­sê hy het gor­del­roos ge­had.

Die S­kot het 29 wen­ners ge­mo­ker en is ge­help deur Ku­z­net­sov se 45 on­ge­dwon­ge fou­te.

Mur­ray sal in die twee­de ron­de teen die Slo­waak­se hot­klou Mar­tin K­li­zan te staan kom.

Die S­paan­se klei­baan-spe­si­a­lis Fer­nan­do Ver­das­co het ver­ras deur A­lex­an­der Z­ver­ev, die ne­gen­de ge­keur­de, uit te ska­kel.

Die 33-ja­ri­ge Ver­das­co het die 20-ja­ri­ge Duit­ser met 6-4, 3-6, 6-4, 6-2 ge­klop.

Sasha, soos hy be­kend staan, word be­skou as een van die sport se op­ko­men­de ster­re.

Z­ver­ev het vroe­ër van­dees­maand ver­ras deur No­vak D­jo­ko­vic in die eind­stryd van die I­ta­li­aan­se Ope te klop.

Ver­das­co en Z­ver­ev se wed­stryd is gis­ter her­vat na­dat dit eer­gis­ter­aand weens swak lig be­ëin­dig is.

’n Lang ge­sprek is eers ge­voer tus­sen die s­pe­lers en die skeids­reg­ter voor­dat spel af­ge­las is. Daar was kri­tiek uit ve­le oor­de oor die be­sluit, met Z­ver­ev wat toe goed op koers was.

Z­ver­ev het gis­ter ge­sê daar is net een re­de vir sy ne­der- laag.

“Ek het een­vou­dig sleg ge­speel. Dit is baie een­vou­dig. Jy speel som­tyds sleg. Dit is die aard van sport.

“Ek het in Ro­me puik ge­speel en die toer­nooi ge­wen. Hier het ek vrot ge­speel en in die eer­ste ron­de ver­loor. Dit is hoe dit gaan,” het Z­ver­ev ge­sê.

S­tan Wa­wrin­ka, die der­de ge­keur­de, het ’n sug van ver­lig­ting ge­slaak toe hy ná net min­der as twee uur by die net blad ge­skud het met die Slo­waak­se kwa­li­fi­seer­der Jo­zef Ko­va­lik. Die 2015-kam­pi­oen het met 6-2, 7-6(6), 6-3 ge­wen.

Dit was nie ’n mooi se­ge nie. Wa­wrin­ka het 33 on­ge­dwon­ge fou­te ge­maak.

Hy sal in die twee­de ron­de teen A­lex­an­dr Dol­go­po­lov van die Oe­kra­ï­ne te staan kom. ) Die Suid-A­fri­ka­ner Ke­vin An­der­son het sy toer­nooi op ’n wen­noot be­gin. Hy het die Tu­ni­si­ër Ma­lek Ja­zi­ri met 7-6(4), 6-3, 7-6(4) ge­klop.

’n Uit­da­ging soos min wag op An­der­son in die twee­de ron­de, wan­neer hy die vu­ri­ge Aus­sie Nick Ky­r­gi­os die stryd aan­sê.

Daar was min spra­ke van be­se­rings­pro­ble­me óf sy hu­meur toe Ky­r­gi­os, die 18de ge­keur­de, ’n puik oor­win­ning van 6-3, 7-6, 6-3 oor P­hi­lipp Kohl­schrei­ber van Duits­land be­haal het. ) Die Suid-A­fri­kaan­se dub­bel­spe­ler Ra­ven Klaas­en en sy A­me­ri­kaan­se maat, Ra­jeev Ram, was ook op die wen­pad.

Klaas­en-hul­le, die agt­ste ge­keur­des, het die Frans­man­ne Ken­ny de S­chep­per en Vin­cent Mil­lot met 7-6 (7/5), 6-2 ge­klop.

In die vroue-en­kel­spel was die e­nig­ste ver­ras­sing Jo­han­na Kon­ta se ne­der­laag teen die on­ge­keur­de H­sieh Su-wei van Tai­wan. Die tel­ling was 1-6, 7-6(2), 6-4.

Dit is die der­de keer dat Kon­ta in die eer­ste ron­de van die Fran­se Ope ver­loor. ) Ra­fa­el Na­dal sal Woens­dag teen Ro­bin Haa­se van Ne­der­land te staan kom.

Die Por­tu­gees Jo­ao Sou­sa is No­vak D­jo­ko­vic se teen­stan­der. Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za speel teen A­nett Kon­ta­veit en Pe­tra K­vi­to­va meet krag­te met Bet­ha­nie Mat­tek-Sands.

Fo­to: GETTY IMAGES

Kyk Ma, geen stop­sels! An­dy Mur­ray het gis­ter al skreeu­end tot die Fran­se Ope se twee­de ron­de deur­ge­dring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.