Bos­man wil haar spaar oor eer­ste 60 km

Beeld - - Sakenuus - Sa­rel van der Walt

Sy weet daar is ná die ont­trek­king van Ca­ro­li­ne W­öst­mann aan Son­dag se Com­ra­des gro­ter druk op haar om te wen, maar sy pro­beer om dié druk nie na haar­self aan te trek nie om­dat dit e­ner­gie tap.

C­har­né Bos­man, ver­le­de jaar se Com­ra­des-wen­ner, het gis­ter­mid­dag ge­sê sy hoop om Son­dag se wed­loop oor 86,37 km tus­sen Dur­ban en Pie­ter­ma­ritz­burg te ge­niet en haar eie wed­loop te hard­loop.

Die 41-ja­ri­ge Ned­bank-at­leet was twee jaar ge­le­de met die vo­ri­ge op-wed­loop Pie­ter­ma­ritz­burg toe twee­de ná W­öst­mann, wat haar ver­le­de week weens ’n dy­spier­be­se­ring aan die wed­loop moes ont­trek.

Ver­le­de jaar het Bos­man W­öst­mann ná groot dra­ma oor die laas­te paar ki­lo­me­ter ge­klop.

“Die Com­ra­des is só ’n lang wed­loop dat jy nie die he­le am­per 87 km kan re­sies hard­loop nie. El­ke ki­lo­me­ter tel.

“Die eer­ste 60 km gaan ver- al baie be­lang­rik wees en ek wil mak­lik daar deur­kom.

“As jy daar op Har­ri­son Flats nog ‘goeie be­ne’ het, kan jy hárd be­gin hard­loop aan die laas­te am­per 30 km,” sê Bos­man.

“Soos twee jaar ge­le­de is my plan om die twee­de helf­te van die wed­loop vin­ni­ger af te lê as die eer­ste helf­te. Ek be­plan om in so 3:13, of ’n bie­tjie sta­di­ger, by Drum­mond (die half­pad­kerf) ver­by te gaan.”

Bos­man, wat 27 dae lank by Gras­kop in M­pu­ma­lan­ga hoog bo see­vlak voor­be­rei het, er­ken die groot wag voor Son­dag se wed­loop is moei­lik.

“Dit maak my kláár. Ek wil nou net hê die Com­ra­des moet kom,” sê Bos­man, wat gis­ter­og­gend 10 km ge­hard­loop het.

“So kort voor die Com­ra­des wil jy nie te ver hard­loop nie, maar ook nie te min nie.”

Die Cen­tu­ri­on-at­leet sal teen Sa­ter­dag al­te­saam 2 800 km se­dert Ja­nu­a­rie ge­hard­loop het .

“Dis die­self­de as ver­le­de jaar en pre­sies die reg­te ge­tal ki­lo­me­ters. 3 000 km sou net te veel ge­wees het.”

Sy het in Fe­bru­a­rie met ’n lig­te be­se­ring ge­suk­kel, maar dit in­tus­sen af­ge­skud.

Bos­man sê sy sal Son­dag­og­gend voor die weg­spring in Dur­ban so­wat 50,6 kg weeg.

“Dis 1,8 kg min­der as ver­le­de jaar.”

F­rith van der Mer­we, die laas­te Suid-A­fri­ka­ner wat twee ag­ter­een­vol­gen­de Com­ra­des kon wen (in 1988 en 1989), het in haar glo­rie­dae 48 kg ge­weeg.

Fo­to: IAN CARBUTT

C­har­né Bos­man wen ver­le­de jaar se af­Com­ra­des tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.