Re­ën in En­ge­land strem SA A­bou­lers

Beeld - - Sakenuus - – Jo­hann de Ja­ger

Re­ën het vir ’n twee­de keer die laas­te sê op die Suid-A­fri­kaan­se A-krie­ket­span se toer in En­ge­land ge­had.

Die naas­bes­tes se twee­de op­warm­wed­stryd teen Der­by­s­hi­re het ook uit­ge­re­ën.

Die bou­lers het nog nie ’n wed­stryd op die toer ge­speel nie.

Dis al­ler­mins goeie voor­be­rei­ding vir die een­dag­reeks van drie wed­stry­de teen die En­gel­se Li­ons, wat Don­der­dag op T­rent B­rid­ge in Not­ting­ham be­gin.

Slegs 20.1 van die ver­kor­te 41 boul­beur­te van die toer­span se kolf­beurt is af­ge­stuur.

Twee van die to­por­de-kol­wers was da­rem met vyf­tig­tal­le op dreef.

Ree­za Hen­dricks (68*, 65b, 9x4, 1x6) en T­heu­nis de Bruyn (65*, 41b, 4x4, 4x6) was on­oor­won­ne toe spel ge­staak is met die Suid-A­fri­ka­ners se tel­ling op 145/1.

Die twee is on­der­skei­de­lik vir 2 en 1 in Sa­ter­dag se eer­ste op­warm­wed­stryd teen Yorks­hi­re uit­ge­haal.

K­ha­ya Zon­do (56*), die SA kap­tein, het ook ’n vyf­tig­tal be­haal in die wed­stryd op He­a­ding­ley in Leeds, waar net 35.3 boul­beur­te ge­boul is.

Suid-A­fri­ka A het 129/4 be- reik na­dat hy op 18/3 en la­ter 42/4 aan die strui­kel was.

Die twee­de en der­de een­dag­wed­stry­de word Sa­ter­dag en Maan­dag in Northamp­ton be­slis.

Suid-A­fri­ka A gaan aan die ein­de van sy maand lan­ge toer ook ’n vier­dag­toets teen die Li­ons speel.

Fo­to: GALLO

T­heu­nis de Bruyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.