Baie brul in die Bok­span

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Dit lyk of die Leeus die er­ken­ning gaan kry wat hul­le ver­dien wan­neer Al­lis­ter Coet­zee, S­pring­bok-af­rig­ter, sy span aan­kon­dig vir vol­gen­de week se rug­by­toets teen Frank­ryk op Lof­tus.

Ten­sy Coet­zee be­sig was om al­mal ’n rat voor die oë te draai by gis­ter se oe­fen­ses­sie by die Bi­tou-rug­by­klub in P­let­ten­berg­baai, kan daar drie de­bu­tan­te uit die Goud­stad wees.

Die nr. 11-trui, wat deur Bry­an Ha­ba­na ag­ter­ge­laat is, is waar­skyn­lik vir Court­nall S­ko­san be­sko­re. Ross Cron­jé kan straks ook sy Bok-bui­ging op skrum­ska­kel maak, ter­wyl An­dries Coet­zee skyn­baar in die bin­ne­baan is om op heel­ag­ter te be­gin.

Fran­cois Hou­gaard, Cron­jé se groot­ste me­de­din­ger om die nr. 9-trui, mag in­ge­vol­ge Wê­reld­rug­by se re­gu­la­sies eers Maan­dag van sy En­gel­se klub, Wor­ces­ter, by die Bok­ke in­ska­kel.

Dit sal geen sin maak om Cron­jé oor die hoof te sien nie na­dat hy ’n week in P­let­ten­berg­baai saam met die Bok-groep ge­slyp het. Die Bok­ke se an­der op­sie vir die nr. 9-trui is Ru­dy Pai­ge, maar Cron­jé is ter wil­le van ge­ves­tig­de kom­bi­na­sies die bes­te keu­se.

Cron­jé en El­ton Jan­tjies, die man wat waar­skyn­lik as die Bok­ke se los­ska­kel gaan be­gin, speel saam vir die Leeus. Voorts ver­vul War­ren W­hi­te­ley, die Leeus se agt­ste­man en kap­tein, die­self­de rol­le by die Bok­ke, wat sal sorg vir goeie sa­me­spel met Cron­jé op skrum­ska­kel.

An­dries Coet­zee is die e­nig­ste spe­si­a­lis­heel­ag­ter in die groep en die laas­te ves­ting is hom waar­skyn­lik be­sko­re, ten­sy daar met Jes­se K­riel of Dil­lyn Leyds ge­waag gaan word.

Twee an­der s­pe­lers van oor­se­se klubs, die los­voor­spe­ler Du­a­ne Ver­meu­len en die veel­sy­di­ge ag­ter­spe­ler Frans S­teyn, sal nie soos Hou­gaard Maan­dag al by die Bok­ke kan in­ska­kel nie.

Ver­meu­len speel Son­dag nog vir Tou­lon in die eind­stryd van die Fran­se Top14-li­ga en die vroeg­ste wat hy op ’n vlieg­tuig sal kan klim, is Maan­dag. S­teyn word vol­gen­de Woens­dag eers in die kamp ver­wag.

On­der ge­wo­ne om­stan­dig­he­de sou S­teyn ’n sterk aan­spraak­ma­ker ge­wees het om op bin­ne­sen­ter te be­gin, maar ’n plek in die 23-tal is hom waar­skyn­lik nie be­sko­re nie.

Da­mi­an de Al­len­de en Jan Ser­fon­tein spook dit uit in die wed­loop om die nr. 12-trui.

Ver­meu­len se be­trok­ken­heid be­hoort af te hang van hoe­veel oe­fen­ses­sies hy met die Bok­ke sou kon deur­werk.

Daar is be­spie­gel dat hy as steel­kant­flank sou be­gin, maar die lo­gis­tiek het daar­die plan waar­skyn­lik nou be­dui­wel. Die nr. 7-trui be­hoort deur een van Ou­pa Mo­ho­je of Je­an-Luc du P­reez ge­dra te word.

Twee se­ni­or Bok­ke – die vas­kop­stut Frans Mal­her­be en die slot Pie­ter-S­te­ph du Toit – was gis­ter­mid­dag met ske­te langs die oe­fen­veld.

Raak maar ge­woond aan daai Bok op die bors, Court­nall! Dit lyk as­of Al­lis­ter Coet­zee die Leeus se uit­blin­kers vol­gen­de week in P­re­to­ria op die Fran­se Ha­ne gaan los­laat.

El­ton Jan­tjies en Be­ast M­ta­wa­ri­ra maak grap­pies ten ty­de van die Bok­oe­fen­ses­sie in P­let­ten­berg­baai, ter­wyl An­dries Coet­zee nuus­kie­rig toe­kyk. Fo­to’s: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.